Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Van links na regs (alle volwassenes op die foto): Hester Pietersen – juffrou by Wyzneusies; Monia Marais – werknemer by Chrisma Slaghuis; Paul Laverlot – werknemer by Chrisma Slaghuis en oudleerder van die skool; Ockert Smit – eienaar van Chrisma Slaghuis; Sonja Miggels – juffrou by Wyzneusies; en Denise Pieterse – juffrou by Wyzneusies. Foto: Johette Pople Photography

Oudleerder van skooltjie spit saam op Aardedag

Ter viering van #Aardedag (22 April) het Ockert Smit, eienaar van Chrisma Slaghuis op Rawsonville en lede van sy personeel bome geplant en toebroodjies uitgedeel by Wyzneusies Crèche in Goudiniweg, volgens ’n inskrywing op die onderneming se bedrywige Facebookblad.

LEES OOK: Die boer wat ’n skool gebou het … en ander grondstories

Chrisma Slaghuis en Johette Pople Photography, albei besighede geleë tussen die mooi wingerde en berge van die Boland, het boonop besighede uitgedaag om ook ’n verskil in skole soos hierdie se toekoms te maak deur hulle te ondersteun in hulle behoeftes en die versorging van hulle terrein.

Paul Laverlot. Foto: Johette Pople Photography

Paul Laverlot is al 50 jaar deel van die slaghuis se span en is ’n oudleerder van hierdie einste skool. “Paul het met trots gesê wat ’n voorreg dit vir hom is om deel te kan wees van die projek en weer terug te kan gee aan sy eie gemeenskap,” luidens die inskrywing.

  • Om Wyzneusies Crèche te ondersteun of uit te vind wat hulle benodig, kontak gerus juffrou Bertha Hugo op wyzneusies@breede.co.za
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top