Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

'n Lidmaat van NG gemeente Clarens in die Oos-Vrystaat, waar ds Jan Venter (stapper met rugsak op foto) leraar is, gaan 108km stap om fondse te in vir droogtegeteisterde gemeenskappe in die Karoo. Foto: Kerkbode-argief

Vrystater stap 108 km vir droogtehulpprojek

’n Vrystaatse gemeente het ’n unieke manier gevind om betrokke te raak by ’n fondsinsameling vir Karoo-gemeenskappe wat swaarkry na die langdurige droogte.

’n Lidmaat van Clarens in die Oos-Vrystaat gaan van 5-12 Maart op die wandelpaaie van die plaaslike natuurreservaat 108 km stap – dit is die tydgleuf wanneer ’n groep stappers dieselfde afstand op die Stargazing Camino in die Karoo aflê vir dieselfde doel.

Mede-lidmate en die breër gemeenskap is uitgedaag om hom per kilometer te borg en selfs saam te stap, het VrydagNuus onlangs berig.

“Ons is so bly oor sulke inisiatiewe wat help om by die projek se fondsinsamelingsteiken van R600 000 te kom,” sê ds Nioma Venter van Diaconia, die barmhartigheidsdiensgroep van die NG Kerk en VGK wat saam met die Ring van Beaufort-Wes hierdie projek aanpak. Venter het ook bevestig dat die stapgroep voltallig is wat die Stargazing Camino tussen Merweville en Sutherland in Maart gaan stap.

Individue, besighede en gemeentes word aangemoedig om finansieël tot die projek by te dra – die fondse geïn sal gaan vir noodleniging in die gemeenskappe van Beaufort-Wes, Fraserburg, Leeu-Gamka, Merweville, Prins Albert, Victoria-Wes en Richmond in die Karoo.

Lees meer oor die projek: Stap en sterrekyk vir droogtehulp

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top