Strategie vir KZN-rampfonds

Die Sinode van KwaZulu-Natal se Sinodale Visionêre Leierspan (SVL) het op Maandag 19 Julie op ’n strategie besluit oor hoe die KZN-rampfonds bestuur gaan word. In ’n Spesiale Posduif-nuusbrief is die strategie soos volg uiteengesit:

  1. Die sinode is in vier streke verdeel. Die streke is soos volg:

– Amajuba en Ladysmith (Streek 1).

– Vryheid en Melmoth (Streek 2).

– Pietermaritzburg en Durban-Metro (uitgesluit Noordkus en Umhlanga) (Streek 3).

– Port Shepstone en Durban-Suid (ingesluit Noordkus en Umhlanga) (Streek 4).

  1. Daar is vir elke streek ’n verteenwoordiger aangewys. Die verteenwoordigers is:

– Dr Heinrich Theunissen (Streek 1).

– Ds Petrus Botha (Streek 2).

– Ds Francois Maritz (Streek 3).

– Ds Marius Schoombie (Streek 4).

  1. Ander mense wat betrokke is:

– Dr Mike Heaney (verteenwoordiger van ekumene).

– Ds Nola Malan (skriba).

  1. Die geld sal soos volg verdeel word:

– Die geld wat in die KZN-rampfonds inbetaal word, sal gelyk tussen die vier streke verdeel word. Individue en klein besighede, wat NIE versekering het nie en wat geraak is deur die gebeure van die afgelope week, kan hulle verteenwoordiger kontak. In ’n e-pos aan die verteenwoordiger moet hulle verduidelik wat hulle wil doen en wat hulle nodig het. Dit sal dan na die groep gestuur word vir goedkeuring.

– Die verteenwoordigers sal ook elke ring kontak om by hulle te hoor wat die nood is.

– Die groep gaan een keer per week ontmoet om deur die aansoeke te werk.

– Indien ’n streek nie al die geld nodig het nie, sal die geld terug in die poel ingaan en versprei word na ’n streek wat dit nodig het.

  1. Kos en ander skenkings:

– Kos en ander skenkings sal ook so hanteer word.

  1. Deursigtigheid:

Om deursigtigheid te verseker, sal ds Nola Malan die besluite rondom alle finansies notuleer en beskikbaar stel aan wie dit nodig het.

LEES OOK: Só kan jy KwaZulu-Natal help

Verder is versoek dat al die stories van gebeure in die sinode ook na ds Malan gestuur word. Enige gemeente kan haar kontak om te vertel wat hulle tans doen vir hulle gemeenskap en hoe hulle probeer help. Dieselfde sal vir die sinode gedoen word.

  1. Die SVL wil graag almal wat alreeds gehelp het in hulle eie gemeenskap, of in die breër gemeenskap, bedank. Hulle bedank ook die verteenwoordigers vir dit wat hulle tot nou toe gedoen het en so ook vir dit wat hulle nog gaan doen.
  • Die SVL bestaan uit dr Heinrich Theunissen (moderator), prof Barry Tolmay (assessor), ds Pieter Swanepoel (aktuarius) en ds Nola Malan (skriba). Die ander lede is: ds Lerisa Meyer, ds Francois Maritz, dr Mike Heaney en ds Petrus Botha.
Word 'n vriend van Kerkbode