Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Pieter Nel (kniel voor) is op Sondag 19 Februarie bevestig as predikant by Bredasdorp gemeente. Om hom staan kloksgewys van links, sy ma ds Jampie Nel, sy kollegas, ds Braam Coetzee en ds. Karlie Liebenberg met sy pa is heel regs, prof Marius Nel. Foto’s: Verskaf

Elders gelees | Ma bevestig haar seun as predikant: ’n Voorskoot in die plek van ’n toga

Op Sondag 19 Februarie het Pieter Nel sy intreepreek gelewer en is as predikant by die verenigde NG en VG gemeente van Bredasdorp in die Overberg bevestig. Sy ma, Jampie, was die eerste vrou in die NG Kerk wat deur haar man bevestig is en Pieter is die eerste proponent wat deur sy ma bevestig is, berig Kaapkerk.co.za.

Pieter se twee kollegas ds. Braam Coetzee en ds. Karlie Liebenberg was saam met sy ma betrokke en deel van sy bevestiging. Hulle het die verskillende take van die amp van ‘n leraar op ‘n praktiese wyse aan hom voorgehou.

Voor die handoplegging het Pieter se twee kollegas vir hom ‘n voorskoot aangetrek, terwyl hulle self ook hulle voorskote aangetrek het. Hierdie moment het bevestig dat hulle as geestelike leiers van die gemeentes en die gemeenskap hulle taak en roeping as “dienskneg” en “dienaars” verstaan.

In Liebenberg se woorde: “Ons wil ons hande vuil maak…ons droom is om diensbaar te wees.” 

Pieter is die derde geslag predikant in sy familie. Sy oupa Sollie Strydom was ‘n predikant en sy pa is prof. Marius J. Nel (dosent in Nuwe Testament by Universiteit Stellenbosch) en sy ma, ds. Jampie Nel, is dominee by NG Oostersee in Parow. Sy oom, Pieter Nel, is ook gelegitimeer as diensleraar in die NG Kerk.

Mag, nie net Bredasdorp ontvangers wees van hulle geestelike leiers se diensbaarheid nie, maar alle gemeentes ervaar dat die amp van die leraar nie gestempel word deur ‘n titel of ‘n toga nie, maar deur ‘n voorskoot.


  • Bron: Kaapkerk.co.za
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top