Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Voltydse leraar
In biddende afhanklikheid stel die kerkraad die vakature vir voltydse leraar aan alle gelegitimeerdes van die NG Kerk bekend.
Gemeenteprofiel
Die NG gemeente van Schweizer-Reneke-Noord is geleë in die Noordwes-provinsie. Dit vorm deel van die Bloemhof-ring en val binne die Goudland-sinode. Dit is ’n plattelandse gemeente binne ’n boeregemeenskap waar daar hoofsaaklik met beeste en gesaaides geboer word. Hier is ’n goeie laerskool en hoërskool.
Hier praktiseer drie mediese dokters. Buiten die gemeente is daar ook ’n NG Moedergemeente, Hervormde gemeente, AP Kerk en Ligpunt-gemeente. Daar is ook ’n ouetehuis (Silwerjare) binne die grense van die gemeente.
Leraarsprofiel:
Die kerkraad nooi enige leraar of proponent wat gelegitimeer is in die NG Kerk met ’n roeping, passie en begrip vir plattelandse bediening, om aansoek te doen vir die pos.
FOKUSAREAS:
Die gemeente streef na lidmaatbemagtiging en betrokkenheid en wil daarom ’n Skrifgegronde liggaamsmodel-gemeente wees, waar elkeen sy en haar gawes uitleef.
- Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die kontrak.
- ’n Passie vir die jeug en omvattende jeugbediening.
- Goeie begrip vir en kommunikasie met alle ouderdomsgroepe.
Vergoedingspakket:
’n Vergoedingspakket sal volgens sinodale skaal onderhandel word. Huisvesting is beskikbaar in ’n ruim pastorie.
AANSOEKE:
Aansoeke vergesel van ’n volledige onlangse CV en kontakbesonderhede van drie referente moet gerig word aan:
Per e-pos: ngswrnoord@lantic.net vir aandag: Voorsitter kerkraad.
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt wat op die koste van die gemeente sal geskied.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE:
Aansoeke moet die kerkkantoor bereik voor of op 29 Januarie 2027.
Diensaanvaarding: 1 April 2027.
Navrae:
Voorsitter van die kerkraad, Abraham Badenhorst by 082 718 7916.
Brugleraar, ds Ampie Swanevelder by 082 428 4943.
