Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gelees: Pofadder se dominee beoog 48 uur toringwaak

VrydagNuus berig ds Willie Korb van NG gemeente Pofadder beplan om van 4-5 April vir ‘n volle 48 uur ’n hul kerktoring te beset. Verlede jaar was hy 12 ure lank op die kerktoring en soos toe, beoog hy om tydens sy toringwaak boodskappe van hoop uit te stuur, vir die gemeenskap van Pofadder en die res van Suid-Afrika in gebed te tree en op hierdie manier ook fondse in te samel vir hul gemeente se Diens van Barmhartigheid. Hulle noem dit Projek van Hoop 2023.

Hoekom bestyg ‘n man wat aan hoogte- en engtevrees ly die kerktoring wat bo die plattelandse dorp uitrys? In sy woorde: “Om ‘n boodskap van hoop te bring dat God ons nooit laat los nie. Hierdie jaar is ’n besonderse jaar waarop ons vir die wêreld kan wys dat die stem van die kerk nie meer stil is nie. Die doel van die projek is om vir die mense te wys dat God groter en sterker is as die grootste storms van die lewe. Dat God altyd ’n lig is wat skyn en vir mense die pad wys en ons gelei word na God se doel vir ons lewe.”

Kontak die kerkkantoor by ngkpof@gmail.com om by hierdie projek betrokke te raak. Stuur ‘n boodskap direk aan Willie by willie.korb@gmail.com of 076 777 2218 as jy die reis saam met hom wil aanpak. Lees hier oor die projek en Willie se persoonlike getuienis.


 

Bronne: VrydagNuus 27 Januarie en 3 Februarie
Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top