Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gelees: Kaapse NG gemeente vra teddiebere vir Turkye

Die Here het dit op Elriza Coetzee van NG Gemeente Albertinia se hart gelê om teddiebeertjies vir kinders na Turkye te stuur. Ramphulpwerkers troos die kinders wat oor hulle pad kom hiermee, berig VrydagNuus

Meer as 43 000* mense is dood na twee geweldige aardbewings in Turkye en Sirië. Elriza het so magteloos gevoel toe sy die nuus sien. Sy vertel: “As ek maar net ’n stuk rommel uit die weg kon ruim, sou my hart dalk beter gevoel het. As magteloosheid oor ander se lyding jou oorspoel, maak dit weer nuwe energie los om iets te doen. My magteloosheid is deur die Here omgedraai om iets vir die kinders te doen.”

By Elriza het die gedagte om teddiebere in te samel, soveel as moontlik waarmee ramphulpwerkers kinders daar kan troos, opgekom. Elriza verduidelik verder: “’n Teddiebeer kan maklik as onbenullig gesien word, maar vir ‘n kind word dit dalk net ’n stukkie hoop of ’n stuk liefde waaraan hulle kan vashou.” 

Projek Teddies for Turkey is gebore met ’n Facebookblad wat mense kan volg om meer oor die projek uit te vind. Elriza vertel haar gemeente, en veral hul jeug, is aangevuur om soveel as moontlik teddiebere in te samel. Intussen het die Sinode van Wes-Kaapland se Diensgroep Diaconia, wat rampondersteuning bied, ook aan boord gekom en werk saam met die gemeente aan die projek.

KIX Kinderbediening se laerskoolprogram het ook met die gemeente hande gevat en is heelhartig deel van die projek. 

Hoe raak jy betrokke?

Koop ’n teddiebeer of -bere en stuur dit dan aan Albertinia-gemeente. Die gemeente word reeds deur Albertinia Meubelvervoer ontvang wat die bere sal verpak en na die lughawe of hawe sal neem. 

Skole, jeugaksies, universiteite en enige groep mense kan saam soveel as moontlik bere insamel. Hulle kan foto’s vir die gemeente stuur wat hulle dan op hul Facebookblad sal plaas.

Die bere moet tussen 15-30 cm wees en moet splinternuut wees, ou teddiebere kan nie gestuur word nie.

Indien iemand finansieel betrokke wil raak, kan hulle geld in die Sinode se Rampfonds inbetaal wat die gemeente sal gebruik om die bere te versend of nog aan te koop indien die versendingskoste gedek is.  Die bankbesonderhede word onder genoem.

Vir meer inligting besoek en volg Teddies for Turkey op Facebook of kontak Elriza Coetzee by 064 379 3024 of e-pos: teddiesforturkey@gmail.com.

  • Bron: kaapkerk.co.za via VrydagNuus
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per WhatsApp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is.
  • Die berig is aangepas na plasing.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top