Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Tony Lesley Fredericks het sy storie oor alles wat hy in die tronk beleef het, soos om God te probeer volg as lid van ’n berugte tronkbende, onlangs uitgegee as ’n boek, 'My getuienis: God se plan met my lewe'. Foto's: Valerie Hamann

Elders gesien: Oud-bendelid gee boek uit oor sy ervaring van God in die tronk


Tony Lesley Fredericks was net 17 toe hy van moord aangekla is. ’n Jaar later is hy gevonnis tot 15 jaar in die tronk.

Hy was verlig oor die vonnis want hy het verwag dat hy sou hang. Dit was Suid-Afrika in die laat 1980’s. ’n Moordklag in daardie het tyd dikwels die doodstraf beteken. Dieselfde dag wat hy hierdie vonnis gekry het, het ag mans glo vir soortgelyke aanklagte wel die doodvonnis gekry.  

Op die oggend wat hy sou hoor wat sy vonnis is, het sy ma vir hom ’n klein rooi Gideon’s Bybeltjie gegee. Dié lees van hierdie boek sou sy uitkyk op die lewe heeltemal verander. 

Sy storie oor alles wat hy in die tronk beleef het, soos om lid te wees van een van die berugte tronkbendes, het hy onlangs uitgegee as ’n boek, ‘My getuienis: God se plan met my lewe’.

Só het Tony aan Valerie Hamann van Nehemia Bible Institute (NBI) vertel. Hy is vandag een van die vrywilligers wat vir NBI help om Christelike boeke en berading te bied aan gevangenes en werknemers in 96% van die tronke in Suid-Afrika. geestelike bediening in tronke. 

Valerie het onlangs met hom gesels om sy lewensverhaal te hoor. Sy voeg by hy is vandag ’n gelukkig getroude pa van twee wat bly op Simondium naby die Paarl. Sy storie oor alles wat hy in die tronk beleef het,  soos om lid te wees van een van die berugte tronkbendes, het hy onlangs uitgegee as ’n boek, My getuienis: God se plan met my lewe.

Die boek kan by Tony bestel word. Kontak hom by 078 660 9581.

Bron: Verwerking van storie soos ingestuur deur Valerie Hamann, NBI

  • NBI is ’n bediening verbonde aan Bybel-Media wat ook vir Kerkbode uitgee.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top