Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Die kerkraad van Swartland wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
Vakature: Musiekleier
Het jy ’n hart vir gemeentelike aanbidding en ’n passie daarvoor om mense deur musiek te help om God te loof?
Swartland NG Moedergemeente is op soek na ’n toegewyde musiekleier om ons musiekspan te lei en uit te bou, en saam met die predikante en ander musiekleiers ons gemeente se sang- en aanbiddingskultuur verder te ontwikkel.
Verantwoordelikhede sluit in:
- Liedkeuse en die beplanning van gemeentelike sang.
- Voorbereiding, begeleiding en ontwikkeling van die musiekspan.
- Beplanning van spesiale musiek, aanbiddingsdienste en die Kerssangdiens.
- Begeleiding van die gemeente wanneer die volle musiekspan nie beskikbaar is nie.
Vaardigheid op klavier, kitaar en/of orrel sal ’n aanbeveling wees.
Aansoeke en navrae:
Hennie Rossouw. E-pos: swartlandgemeente@gmail.com
Sluitingsdatum: 11 Januarie 2027.
Aanvangsdatum: 1 Maart 2027.
Ons sien uit daarna om van jou te hoor!
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
