Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig-podsending | ‘Hoe gaan dit met die NG Kerk in 2026?’ – In gesprek met Maartje van der Westhuizen en ander

Een geleentheid waar ’n mens kan hoor hoe dit met die kerk gaan, is by sinodesittings. Oktobermaand het ’n “seisoen van sinodes” gehad met vier van die NG Kerk se nege streeksinodes wat saamgekom het. Kerkleiers en taakspanne was ook 28-30 Oktober in Gauteng byeen vir 2026 se laaste saamkoms van die Algemene Sinode Moderamen. In hierdie episode van Kollig vertel vier van die nuutverkose leiers wat hulle tydens hierdie saamkomste gehoor het. Dii Maartje van der Westhuizen, Tienie Swanepoel, Lizl-Louise Schoeman en Michelle van Tonder praat onder meer oor hoe goed hierdie vergaderings daarin slaag dat meer stemme gehoor word, die uitdaging wat kleiner gemeentes vir die kerk inhou en hoe belangrik verhoudings is as mense diepgaande van mekaar verskil. 

Gesprekspunte:

02:10 Van gemeente tot Algemene Sinode: hoe die kerkverband werk

05:08 Wanneer plaaslike uitdagings ’n breër kerkstem nodig het

06:37 Waarom tafelgesprekke meer stemme laat hoor

08:13 Klein plattelandse gemeentes en die druk van krimpende getalle

11:32 Werkverlies en sosio-politieke verval op die platteland

12:26 So help teologiese opleiding met predikantenood

17:09 Verhoudingsbou hou diverse groepe bymekaar

21:48 Terugkyk nodig om vorentoe te droom

26:54 Tyd vir jonger generasie om leierskap-aflos te betree

35:49 Vier leiers antwoord: hoe gaan dit met die kerk? 

Lees ook wat kerkhistorikus prof Johan van der Merwe oor streeksinodes skryf. 

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Gesels saam

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.