Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

’n Goeie vriendin van sanger Deon Meiring en sy vrou, die kunstenaar Zinelda McDonald, het ’n BackaBuddy-veldtog van stapel gestuur “om hom kans te gee om te fokus op sy herstelpad”. Foto: Verskaf

Elders gesien: Sanger stomgeslaan oor mense se omgee na sy motorongeluk

Hy is stomgeslaan deur mense se goedhartigheid, vrygewigheid en omgee vertel die sanger Deon Meiring vandeesweek vanuit ’n aansterk-fasiliteit in die Paarl vir LiG-joernalis Conette le Roux. 

Deon was Saterdagaand 7 November 2026, ná ’n huiskonsert in Durbanville, in ’n motorongeluk betrokke. Hy het breuke aan sy bekkenbeen opgedoen. Die impak het ook ’n ligte breinbesering tot gevolg gehad.

Sedertdien het ’n goeie vriendin van hom en sy vrou ’n BackaBuddy-veldtog van stapel gestuur “om hom kans te gee om te fokus op sy herstelpad”. Dié kunstenaar, wat bekendheid verwerf het as sanger van die musiekgroep Glaskas, moes al sy optredes tot middel Desember kanselleer.  

“My laaste vae herinnering voor die ongeluk is van hoe ek wegry by die landgoed in Durbanville waar ek opgetree het. Alhoewel ek blykbaar verbasend helder opgetree het op die toneel – ek kon byvoorbeeld allerhande nodige nommers en besonderhede deurgee –kan ek niks daarvan onthou nie. Na die tyd het dit ook gewys dat my brein baie liggies seergekry het van die impak. Dis darem iets wat nou met tyd al hoe beter word en goed behoort te herstel,” het Deon verduidelik.

Die reaksie op die fondsinsamelingsveldtog was oorweldigend. Binne slegs twee dae is daar reeds ’n derde (R110 552) van die teikenbedrag van R331 000 ingesamel. Skenkers se boodskappe spreek van groot waardering vir Deon as mens en kunstenaar.

Een anonieme skenker skryf: “Jou lig skyn helder, Deon. Nie omdat jy probeer nie, maar net omdat jy Deon is. Ek is baie dankbaar jy is nog met ons om aan te hou Deon wees!”

  • Die Donderdag voor Deon se ongeluk het hy saam met Bybel-Media (uitgewer van LiG en Kerkbode) se personeel en hulle kinders ’n musiekvideo geskiet. Dié liedjie en musiekvideo word in Desember op die TV-kanaal VIA bekendgestel.
  • Klik hier vir meer inligting oor Deon se fondsinsamelingsveldtog.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Gesels saam

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.