Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

'Hoe volg ek Jesus in my gemeente.' Só som ds Jaco Botha, teologie-dosent by Hugenote Kollege, die leerplan vir die sogenaamde KAST (kerkgeakkrediteerde sertifikaat in teologie) op. Foto: Le Roux Schoeman

Hoëveld Sinode: Bedienaars doen veel meer as instaan vir dominees

Bedienaars is nie net ’n noodmaatreël vir klein gemeentes of vakante poste nie. Só het ds Jaco Botha, teologie-dosent by Hugenote Kollege, op Maandag 26 Oktober aan afgevaardigdes by die Hoëveld Sinodesitting naby Modimolle gesê.

Lees ook: Hoëveld Sinode Dag 1: Michelle van Tonder as moderator verkies

“Bedienaars is nie ’n reddingsboei vir die kerk nie,” het Botha gesê. Hy gee toe dat veral sinodale streke soos Noord-Kaapland (waar sowat 28% van predikanteposte vakant is) baat vind uit hierdie relatief onlangse toevoeging tot teologiese opleidingsbane in die NG Kerk. Maar Botha se punt is dis méér as ’n noodmaatreël. 

“Bedienaars is nie net ’n oplossing vir klein gemeentes nie … Bedienaars is gelowiges wat die roeping van die Here ernstig opneem en hulleself wil bekwaam om onder leiding van leraars gemeentes te bedien.” Hierdie opleidingsbaan staan in aanvulling tot dominees, diensleraars, standplaasleraars, tentmakers, sendelinge en ander.  

Botha, self oorspronklik van Brakpan, het vertel hoe hy studente tussen die ouderdom van 20 en 75 begelei om “lyfkennis” (in teenstelling met boekkennis) op te doen. “Hoe volg ek Jesus in my gemeente,” som Botha die leerplan vir die sogenaamde KAST (kerkgeakkrediteerde sertifikaat in teologie) op tydens ’n energieke voorlegging aan die sowat 174 afgevaardigdes, wat uit predikante en kerkraadslede saamgestel word. 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top