- Hierdie kennisgewings is op 7 Augustus opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Dr P (Pieter) Kruger van Witfield na NG Kerk Sinode Hoëveld as algemene kantoorbestuurder.
AANVAAR
Ds N (Nadine) Bronkhorst van Rustenburg-Bergsig na George.
WES-KAAPLAND
AANVAAR
Ds Nadine Bronkhorst van Rustenburg-Bergsig het die beroep na die NG Moedergemeente George aanvaar. Bevestiging vind plaas op Sondag 6 September 2026 in Moedergemeente George. (Dr AC Pieterse, skriba: Ring van George, 04.08.2026).
NOORD-KAAPLAND
RINGSITTING
Warrenton se ringsitting vind plaas op 30 en 31 Augustus 2026 te Guldenskat op Jan Kempdorp. (Pauline du Preez, skriba: NG Kerk Jan Kempdorp, 03.08.2026).
HOËVELD
BEROEP
Die Sinodale Dienskommissie van die NG Kerk Sinode Hoëveld het tydens ’n vergadering gehou op 30 Julie 2026 vir dr Pieter Kruger benoem as Algemene Kantoorbestuurder. Dr Pieter Kruger is tans die leraar van die NG Gemeente Witfield. Hy is tans ’n lid van die Sinodale Dienskommissie as Portefeuljeleier: Sinodale Hulpbronne. (Hannes Windell, skriba en algemene kantoorbestuurder: Sinodale Dienskommissie van die NG Kerk Sinode Hoëveld, 03.08.2026).
NOORDELIKE
BEVESTIGING
Dr SJJ (Sampie) Niemand is op 28 Junie 2026 bevestig te Wesmoot-gemeente. Sy vorige gemeente was Môregloed-gemeente as brugpredikant. Die bevestiging is waargeneem deur ds Paul Grobler, direkteur, Noordelike Sinode. Daar is geen verandering in bevoegdheid nie. (H Kapp, saakgelastigde: Wesmoot-gemeente, 05.08.2026).
RINGSITTING
Hiermee word daar kennis gegee dat die Ring van Pietersburg/Polokwane ringsitting gaan hou op 16 Augustus 2026 by NG Gemeente Pietersburg. (Ds Freddie Prozesky, skriba: Ring van Pietersburg/Polokwane, 05.08.2026).
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
