Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad van NG Ellisras-Wes wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 15 September 2026.
Gemeenteprofiel:
Die NG Gemeente Ellisras-Wes (Weskerk) is geleë in Onverwacht, Ellisras (Lephalale), in die hartjie van die Bosveld. Ons is ’n lewendige, hartlike gemeente wat nie net wil “kerk toe gaan” nie, maar werklik kerk wil wees as deel van die Liggaam van Christus.
Ons visie is “Waar Elkeen SY Kerk Is” (Efesiërs 1:22-23). Ons missie is om voor God alleen as Koning te buig en die liefde van Christus sigbaar uit te leef. Elkeen word toegerus en die geleentheid gebied om geestelik te groei deur te DOEN. Ons funksioneer op die liggaamsmodel met sterk klem op gemeenskap, toerusting en diens.
Eredienste vind elke Sondagoggend om 08:30 plaas. Die gemeente bestaan uit ’n diverse gemeenskap van boere, nywerheids- en besigheidsmense, met goeie laer- en hoërskole in die omgewing. Die kerkgebou is doelmatig en die pastorie met erf is gerieflik en ruim.
Leraarsprofiel:
Ons soek ’n gelegitimeerde leraar van die NG Kerk (of susterkerke) wat:
- Skrifgetrou, dinamies en aktueel preek.
- ’n Passie het om gelowiges toe te rus vir dienswerk (Efesiërs 4:11).
- Sterk leierskap en spanwerk kan uitoefen.
- Die jeug en volwassenes met wysheid en liefde kan lei.
- Die visie en missie van Weskerk omarm en verder kan help uitbou.
- ’n Goeie begrip het van die besigheidsbestuursaspekte van die kerk (finansies, administrasie, fasiliteite en strategiese beplanning).
Pligte:
- Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
- Prediking, pastorale sorg, toerusting van gemeentelede, leiding van die kerkraad en bedieninge, asook die bevordering van ’n lewendige, diensgerigte geloofsgemeenskap.
- Betrokkenheid by die besigheidsbestuur van die gemeente, insluitend toesig oor finansies, administrasie en fasiliteite.
Vergoeding en voordele:
- Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
- Pastorie met munisipale dienste.
Aansoek:
Stuur ’n volledige CV (met kontakbesonderhede van minstens drie referente) en ’n kort motiveringsbrief waarin jy jou roepingsverhaal en visie vir die bediening by Weskerk deel, per e-pos aan admin@weskerk.co.za
Kandidate wat die kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n preekbeurt.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik.
Navrae:
- Kerkkantoor kontaknommer: 076 238 7373.
- Addisionele kontaknommer: 083 675 9429.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
