Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 24 Julie 2026)

BEROEP

Dr MS (Tinus) van Zyl van Durbanville na Drieankerbaai; ds M (Marnico) Wessels van Paterson na Hertzogville.

AANVAAR

Ds HF (Heinrich) Niehaus van Laingsburg na Gordonsbaai; dr MS (Tinus) van Zyl van Durbanville na Drieankerbaai; ds M (Marnico) Wessels van Paterson na Hertzogville.

WES-KAAP

AANVAAR

Die kerkraad van NG Kerk Drieankerbaai deel met groot dankbaarheid en vreugde mee dat dr Tinus van Zyl, van die NG Gemeente Durbanville, die beroep na NG Kerk Drieankerbaai, Seepunt, aanvaar het. Dr Van Zyl tree op 1 Januarie 2027 in diens in ’n voltydse predikantspos. Hy sal op Sondag 10 Januarie 2027 om 09:30 tydens die erediens in NG Kerk Drieankerbaai bevestig word en sy intreepreek lewer. (Marina van der Westhuizen, gemeentebestuurder: NG Kerk Drieankerbaai, 22.07.2026).

Ds Heinrich F Niehaus van Laingsburg-gemeente het ’n beroep na die NG Kerk Gordonsbaai as voltydse leraar aanvaar. Hy word op 6 September 2026 bevestig in die gemeente. (Sanette Strydom, kantoorbestuurder/skriba: NG Gemeente Gordonsbaai, 21.07.2026).

RINGSITTING

Die Ring van Bellville gee hiermee kennis dat die ring se 56ste ringsvergadering DV op Dinsdag 1 September 2026 te NG Kerk Vredelust sal plaasvind. (Dr AS (Annemarie) de Kock-Malan, ringskriba: Ring van Bellville, 17.07.2026).

VRYSTAAT

AANVAAR

Hiermee wil ons net in kennis stel dat ds Marnico Wessels, van die NG Gemeente Paterson, die beroep na NG Kerk Hertzogville aanvaar het. Haar aanstellingsdatum is 1 September 2026. (Azél Jacobs, skriba: NG Kerk Hertzogville, 22.07.2026).

RINGSITTING

Die 86ste ringsitting van die Ring van Bethlehem vind plaas op Maandag 17 Augustus 2026 vanaf 09:00 te NG Gemeente Bethlehem-Oos. (Gideon Lamprecht, skriba: Ring van Bethlehem, 17/07/2026).

GOUDLAND

RINGSITTING

Die 88ste vergadering van die Ring van Lichtenburg vind plaas op Maandag 3 Augustus 2026 om 09:00 by NG Moedergemeente Coligny. (Ds BC Botha, ringskriba: Ring van Lichtenburg, 22.07.2026).

OOSTELIKE

EMERITAAT

Ds TE (Theo) Homann van NG Gemeente Marble Hall emeriteer met ingang 1 Augustus 2026. Sy afskeidspreek is op 26 Julie 2026. Hy bly by die gemeente op kontrak as emeritusleraar tot 31 Julie 2028. (Mart Leonard, skriba: Ring van Middelburg, 20.07.2026).

RINGSITTING

Kennisgewing van gewone ringsitting: Ring van Ermelo, 2 Augustus 2026 te NG Moedergemeente, Ermelo. Die sitting vind by Perdekraal-landgoed plaas. Navrae: Ds Marius Smit, skriba, medeavita@gmail.com, 072 640 4012. (Ds Marius Smit, skriba: Ring van Ermelo, 13.07.2026).

Die Ring van Middelburg gee hiermee kennis dat die ring se 80ste ringsvergadering DV op Saterdag 22 Augustus 2026 te NG Gemeente Ligkruis plaasvind. (Mart Leonard, skriba: Ring van Middelburg, 20.07.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top