- Hierdie kennisgewings is op 14 Augustus opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds J (John) Holtzausen van Klawer na Willowmore; ds G (Gideon) Lamprecht van Bethlehem-Panorama as PSD: Bedieningsbegeleiding, Vrystaat; ds DLHV (De la Harpe) le Roux van Tweetoringkerk (Bloemfontein) as PSD: Noord-Kaapland; prop R (Rudiger) van Huyssteen na Gansbaai.
AANVAAR
Prop R (Rudiger) van Huyssteen na Gansbaai.
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
NG Kerk Gansbaai het op 1 Augustus 2026 vir proponent Rudiger van Huyssteen as leraar bevestig, met die opdrag Gesinne en Jeug. (Alanda Brown, skriba: NG Kerk Gansbaai, 13.08.2026).
OOS-KAAPLAND
BEROEP
Die Willowmore-kerkraad het op Maandag 10 Augustus 2026 om 13:00 ’n beroepingsvergadering gehou. Tydens hierdie vergadering is ds John Holtzausen van die NG Gemeente Klawer na Willowmore NG Kerk beroep. (Ansebé Greeff, skriba: Willowmore NG Kerk, 11.08.2026).
NOORD-KAAPLAND
BENOEMING
Die Taakspan Beroeping PSD Noord-Kaapland maak hiermee bekend dat ds De la Harpe le Roux van Tweetoringkerk, Bloemfontein en PSD Barmhartigheid Vrystaatsinode op 28 Julie 2026 benoem is as PSD in Noord-Kaapland. (Dr Lukas Basson, skriba: PSD Taakspan, Noord-Kaapland; 11.08.2026).
VRYSTAAT
BENOEMING
Ds Gideon Lamprecht van Bethlehem-Panorama is benoem as die nuwe PSD: Bedieningsbegeleiding van die NG Kerk Vrystaat. Hy volg vir dr Leon M Foot op wat emeriteer. Sy datum van diensaanvaarding is 1 November 2026. (Dr Leon M Foot, skriba: Moderamen van die NG Kerk Vrystaat, 12.08.2026).
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
