Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 28 Augustus 2026.
Die NG Kerk Worcester-Vallei stel in biddende afhanklikheid ’n vakature bekend vir ’n voltydse leraar (posvlak 1 tot 5) met ’n fokus op die jeug- en familiebediening. Enige gelegitimeerde leraar asook finalejaar student wat aan die einde van 2026 gelegitimeer gaan word, is welkom om aansoek te doen.
Gemeenteprofiel
Ons visie (roeping) : Brandend vir God, mekaar en die wêreld.
Die gemeente is geleë in die Wes-Kaap in die prentjiemooi Bolandse dorp in die Breëriviervallei waar ons omring word deur laer- en hoërskole in ons gemeenskap. Die dorp is 100 km vanaf Kaapstad. Ons is ’n bedieningsgerigte gemeente wat graag saam kuier en ons beywer vir geestelike versorging en groei. Ons is ’n geloofgemeenskap wat deur God geroep is om verhoudingsgerig te leef en sodoende ’n verskil te maak in die samelewing en breër gemeenskap. Ons fokus op ’n Woordgebonde erediens met groot ruimte vir jeugbediening en liefde vir musiek. Ons is ’n gemeente met twee leraars waarvan een leraar einde September 2027 emeriteer.
Leraarsprofiel
’n Dinamiese leraar wat die roeping het om die Woord getrou te bedien, ’n passie het vir die omvattende jeug- en familiebediening. Iemand wat tuis voel in ’n plattelandse omgewing waar persoonlike kontak en meelewing met die aktiwiteite van lidmate belangrik is.
Die geskikte persoon moet:
- ’n Lewende persoonlike verhouding met God Drie-enig uitleef wat gestalte vind in suiwer Woordverkondiging, kontakbesoek en deeglike pastorale sorg.
- ’n Gawe en roeping hê om die jeug en jong families te bedien.
- ’n Passie vir die tiener- en gesinsbediening hê.
- Strategiese denker wees, wat lidmate tot groei kan motiveer en lei.
- Tegnologies vaardig wees.
- ’n Spanspeler wees wat gemaklik saam met ’n medekollega kan werk.
- Inisiatief in spanverband kan neem om nuwe projekte vir die opbou en uitbou van die gemeente aan te pak.
Vergoeding: Volgens sinodale skale.
Markverwante behuisingstoelaag (geen pastorie is beskikbaar).
Diensaanvaarding: 1 Februarie 2027 of spoedig daarna (onderhandelbaar).
Aansoeke:
Aansoeke moet ’n volledige CV en minstens drie referente met kontaknommers insluit.
’n Skakel na ’n onlangse aanlyndiens is ’n vereiste. E-posse moet gestuur word aan die gemeente na admin@ngkworcestervallei.co.za
Navrae kan gerig word aan die voorsitter van die pre-advieskomitee, Wouter Meiring.
Sy e-pos is wrmeiring@gmail.com, leraar Stefaans Burden 082 564 9478 of gemeentebestuurder Annarie Bredenkamp 066 158 9857 of 023 347 0387.
Die kerkraad sal die finale dienskontrak asook die datum van ontvangs en bevestiging met die beroepte leraar finaliseer.
Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n beroep uit te bring uit die aansoeke wat ontvang is nie.
