Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 31 Julie 2026)

BEROEP

Ds GF (Erick) du Toit van Church of Scotland Kirkliston na Kenridge; ds L (Lisa) Holtzhauzen van Ellisras-Wes na Kamieskroon.

AANVAAR

Ds GF (Erick) du Toit van Church of Scotland Kirkliston na Kenridge.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Ds George Frederick (Erick) du Toit van Church of Scotland is op 11 Junie 2026 deur die kerkraad na Kenridge Gemeente as medeleraar (Gemeenskapsvorming, -viering en gasvryheid) beroep. (Liezl Byliefeldt, bestuurder: Kenridge Gemeente, 30.07.2026).

Met erkenning aan, en in diepe afhanklikheid van ons hemelse Vader, gee ons kragtens Reglement 12.6.2 van die Kerkorde van die Algemene Sinode van die NG Kerk in Suid Afrika (2023), met dank en blydskap kennis dat die kerkraad van die NG Kerk Kamieskroon tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op 30 Julie 2026 vir ds Lisa Holtzhauzen, tans verbonde as interim predikant aan die NG Kerk Ellisras-Wes, beroep het na die gemeente in ’n deeltydse (60%) vastetermynpos vir ’n tydperk van twee jaar. (Ds Piet Retief, konsulent: Ring van Namakwaland, 30.07.2026).

AANVAAR

Ds George Frederick (Erick) du Toit van Church of Scotland het die beroep na Kenridge Gemeente as medeleraar (Gemeenskapsvorming, -viering en gasvryheid) aanvaar en sal op 1 Januarie 2027 in diens tree. (Liezl Byliefeldt, bestuurder: Kenridge Gemeente, 30.07.2026).

BEVESTIGING

Proponent Rohan van Niekerk van NG Kerk Vishoek is op Sondag 19 Julie 2026 deur dr Martin Barnard as nuwe leraar van NG Kerk Wynberg bevestig. Ds van Niekerk dien ook as die Ring van Wynberg se verteenwoordiger vir Jeug- en Familiebediening. As kerkraadsverteenwoordiger van die Ring van Wynberg dien hy ook op die Moderamen. (Petro van Rensburg, skriba: NG Kerk Wynberg, 26.06.2026).

OOSTELIKE

SINODESITTING

Hiermee deel ek graag die amptelike kennisgewing van die twee en twintigste gewone sinodevergadering van die Oostelike Sinode wat plaasvind van 15 tot 17 Oktober 2026 te Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie, Baltimoreweg 14, Pierre van Ryneveld-park. (Dr Johan Botha, uitvoerende amptenaar: Oostelike Sinode, 29.07.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top