Dana Snyman: ‘Alles wat ek geestelik is, is verbind met Afrikaans – Afrikaans en die Bybel’
Dit voel of ek besig is om ’n aftreeoord vir ou Bybels tot stand te bring. Ek praat veral van die 1933-vertaling. Die ou vertaling, soos ons sê. In tweedehandse boekwinkels en by die Hospice, DBV en ander plekke waar goed vir liefdadigheid verkoop word, sien jy alte dikwels van hulle op ’n onderste rak […]