Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Dana Snyman

Dana Snyman skryf: Halleluja’s, ’n bus en ’n blokkie pienk-en-wit klapperys

Ma kyk op haar horlosie en skud haar kop. “Wanneer kom oom Bartjie nou?” sê sy. “Hy’s al vier minute laat.” Ons is al van vroeg af by die kerksaal, saam met tannie Hester en tannie Baba en die ander tannies van die ACVV. Oral staan koekblikke en Tupperware-bakke rond, en kartondose vol ou klere […]

Dana Snyman skryf: Halleluja’s, ’n bus en ’n blokkie pienk-en-wit klapperys Lees verder

Dana Snyman
By sy nuwe woonplek is nie juis plek vir ’n tuin nie, maar hy het nou sonneblomme in ’n groot pot geplant. “Daardie plantjie met die sterk stingel gaan een van die dae ’n knop uitstoot wat ’n blom gaan word. Dit hoop ek. Dit glo ek. Dit weet ek,” skryf Dana Snyman.

Dana Snyman: ‘Ons moet anders na die natuur begin kyk en besef alles is verbind aan mekaar’

Die sonneblomme groei mooi. Vyf van die saadjies het stingeltjies bokant die grond uitgestoot, en toe kom die blaartjies. Een stingel is besig om ’n stam te word en staan al lekker hoog, met blare so groot soos ’n piering. Die pakkie saad het ek vroeër vanjaar in Amsterdam in Nederland gekoop. Dit is ’n

Dana Snyman: ‘Ons moet anders na die natuur begin kyk en besef alles is verbind aan mekaar’ Lees verder

Aktueel Dana Snyman
Ek het grootgeword en skoolgegaan in die ou Suid-Afrika, ’n era toe daar vele onbevraagtekende sekerhede was om jou lewe mee te rig. Die NG Kerk en jou NG ouers het jou geestelik gelei. Die eerste minister en die Nasionale Party het die land volgens die wil van God regeer. Of dít het ons geglo.

Dana Snyman | Die toekoms is nou elke volgende oomblik

Nog altyd het ek my verjaardag stillerig gevier, maar toe ek onlangs sestig word, nooi ek ’n klompie mense en ons braai en gesels tot laat in die nag. Ek is nou amptelik bejaard. Ek kan afslag by die Spar kry, teen halfprys gaan fliek en in party winkels in ’n aparte, korter ry staan.

Dana Snyman | Die toekoms is nou elke volgende oomblik Lees verder

Dana Snyman
En, kyk maar, as jy agter ’n bakkie vol mense ry, wie dit ookal is. Kyk maar, as jy liggies op jou toeter druk en vir hulle waai – of jy waai sommer net – sal party glimlag en vir jou terugwaai. Soms sal een iets vroliks in jou rigting skree, iets wat jy nie kan hoor nie, maar hulle sal lag, en jy sal glimlag. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman | Die blik wat ’n bakkie bied

Jy ry op die snelweg, en dan, opeens, is daar ’n bakkie voor jou, met twee of drie manne agterop. Oor een se kop is ’n Rasta-mus getrek. Die ander twee se blou oorpakke is vol verfspatsels. Dikwels is daar ’n leer of ’n kruiwa saam met hulle op die bak. Dit lyk nie of

Dana Snyman | Die blik wat ’n bakkie bied Lees verder

Dana Snyman
’n Ou kerk soos dié een van sandsteen op Rosendal is meer as ’n plek van aanbidding. ‘Dit is die draer van ’n gemeenskap se stories,’ skryf Dana Snyman vanuit die Vrystaat. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman: Hierdie kerk is vele kerke

Op Rosendal is dit dieselfde storie: Die NG gemeente sukkel. Die lidmaatgetalle het bly daal tot ’n voltydse predikant later nie langer bekostig kon word nie. Nes op soveel ander plekke in die land. Ek kuier op die dorp en laatmiddag stap ek na die kerk toe, ’n beleë Vrystaatse sandsteengebou, aan die bopunt van

Dana Snyman: Hierdie kerk is vele kerke Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Op ’n Royal-bakboeierblik is ’n afbeelding van dieselfde bakpoeierblik as die een wat jy in jou hand hou, skryf Dana Snyman. "Ek onthou hoe ek daar in die kombuis sit en die blik stadig nader aan my gesig bring, kinderlik verwonderd oor wat ek sien: Die afbeelding van die blik op die blik in my hand, en op dáárdie blik ’n kleiner blikkie en ’n nóg kleiner een op die kleiner een en … Blik op blik op blik op blik."

Die groot Misterie, in en om ons …

In ’n winkel wat antieke meubels, blikke en ander ou goed verkoop, vang my oog onlangs iets waarvan ek byna al vergeet het. ’n Bakpoeierblik. Royal-bakpoeier. Deesdae koop jy bakpoeier in ’n plastiekhouer. Ek tel die blik van die rak af op, en opeens is ek weer ses of sewe jaar oud en sit by

Die groot Misterie, in en om ons … Lees verder

Dana Snyman
’n Mens hoef nie alles van die Duitse teoloog Dietrich Bonhoeffer te weet om te besef ’n Hitler kan weer gebeur nie. Elkeen van ons kan ’n Hitler help moontlik maak, skryf Dana Snyman na sy onlangse besoek aan ‘n Berlynse museum ingerig rondom die tema: Hoe het Hitler gebeur? en daarna die gedenksteen opgerig vir Bonhoeffer in die Dorotheenstadt-begraafplaas. Foto: Dana Snyman

Oor Hitler, Bonhoeffer en die wekroep tot verset

Die Uber-taxi, ’n swart Mercedes nogal, hou tussen ’n paar moderne geboue naby die middestad van Berlyn stil. “Here you are,” sê die bestuurder, ’n kêrel uit Sirië. Eers wil ek dit nie glo nie. “We’re looking for Hitler’s bunker.” “Go and read there.” Hy wys na ’n kennisgewingbord op die sypaadjie. ’n Mens weet

Oor Hitler, Bonhoeffer en die wekroep tot verset Lees verder

Aktueel Dana Snyman
Hoe beskryf ’n mens daardie gevoel wat jy soms in sulke stil oomblikke kry dat alles en almal op aarde aan mekaar verbind is en dat jy intiem deel daarvan is? Dat die lewe ’n Misterie is en sin het al voel dit dikwels nie so nie, skryf Dana Snyman oor 'n onlangse besoek aan 'n afgeleefde Roomse kerk op 'n Franse dorpie. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman | Daardie gevoel dat alles en almal op aarde verbind is

Op Verdun-sur-le-Doubs, ’n dorpie oos van Parys, kom roep Charles my waar ek in ’n Franse kafee ’n Belgiese bier sit en drink. Buite is dit ongemaklik warm. “Het jy tyd?” vra hy. “Ek wil jou iets gaan wys.” Natuurlik het ek tyd. Ons het mekaar twee dae gelede ontmoet, ek en Charles. Ons vaar

Dana Snyman | Daardie gevoel dat alles en almal op aarde verbind is Lees verder

Dana Snyman
Onlangs het die NG Kerk se Oos-Kaapse streeksinode ’n simposium gehou met die tema: “Diensplig: die bagasie van ’n generasie.” Party oud-dienspligtiges het dapper en ietwat bitter verklaar: Dis te laat... (Maar) om aan geestelike wonde te werk, is nooit te laat nie. Hoop daar kom nog sulke aksies. Foto: Dana Snyman

DANA SNYMAN: Om aan geestelike wonde te werk, is nooit te laat nie

Hennie is toe weg. Die vrou wat sy huis skoonmaak, het Saterdagoggend op hom afgekom waar hy in die gang lê. Hy het ’n paar dae daar gelê. Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer. Ek het Dinsdagoggend vir die laaste keer met hom gesels – oor WhatsApp. In die laaste ruk het

DANA SNYMAN: Om aan geestelike wonde te werk, is nooit te laat nie Lees verder

Dana Snyman
Dit het te maklik geword om liefdeloos te wees, sê ek byna elke dag vir myself. - Dana Snyman

Sosiale media: Word vrees en bedreigings aangeblaas?

Word in die oggend wakker. Tel selfoon van die bedkassie af op en kyk of iemand nie in die nag gebel of ’n WhatsApp-boodskap gestuur het nie. Loer gou op Netwerk24 wat is die hoofnuus op die oomblik. Kyk dan wat op Facebook aangaan. Baie van my dae begin só, en eindig wanneer ek weer

Sosiale media: Word vrees en bedreigings aangeblaas? Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Edwinah kom by die blinkrooi stoep se trappies af. Haar ma, tannie Wilna, kom groet en ons gaan sit in die sitkamer. Tannie Wilna is die een wat al vir vyftig plus jaar elke Paastyd die kerrievis maak volgens haar Van Reenen-ma se resep. En daardie resep kom weer van háár ma af. So ’n resep is ’n erfstuk, wat van geslag na geslag oorgedra word, vertel Dana Snyman.

Kerrievis op Goeie Vrydag: familie, stories en ’n resep

In een van die Spar op my dorp se oop koelkaste merk ek dit die oggend op: plastiekbakkies met kerrievis in. Gepiekelde vis, soos dit ook genoem word. Elke jaar vergeet ek so half en half daarvan, en elke jaar in Paastyd word ek weer daaraan herinner: In die bruin gemeenskap in die Kaap is

Kerrievis op Goeie Vrydag: familie, stories en ’n resep Lees verder

Dana Snyman
"Miskien is dit ’n ou ding, ’n diep ding, wat maak dat ’n mens nuuskierig is oor iemand wat jy nie ken nie se troue? Het die mens dalk ’n natuurlike behoefte om te deel in ander se vreugde en hulle verbintenis aan mekaar?" skryf Dana Snyman in sy Kerkbode-rubriek. Foto ter illustrasie: Marzahn Botha

Hoekom gryp ’n troue ’n mens so aan?

Daar is weer ’n troue by die trouplek ’n ent strand-af, sien ek toe ek en die honde oor die duin kom vir ons middagstappie. Dit is ’n Vrydagmiddag, en dit is Desember. By ons trou hulle in Desember op weeksdae ook. Die gaste staan daar rond. ’n Paar sit al op van die houtbankies

Hoekom gryp ’n troue ’n mens so aan? Lees verder

Artikels Dana Snyman
In November verlede jaar ry ek ’n wye draai deur die land en kom vir die vierde keer in my lewe op Nkandla. Hierdie keer is Manji se oom Jacob in ’n hospitaal in Durban nadat hy uit die gevangenis op Estcourt op mediese parool vrygelaat is. En haar pa, wat ook ’n huis in Durban het, is weer nie tuis nie, vertel Dana Snyman in sy jongste rubriek. Foto: Dana Snyman

Dana besoek: Die ander Nkandla …

Dit gaan goed met Manji Zuma en haar mense op Nkandla. Soos by baie ander in die land sukkel dit maar met geld. Dit is soos dit is. Ons ken mekaar al tien jaar, ek en Manji. Tog ken ons mekaar ook nie: Sy kan nie Afrikaans praat nie, ek nie Zoeloe nie, en haar

Dana besoek: Die ander Nkandla … Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Jakob het in die Bybelse tyd by Bet-el met ’n engel geworstel, en hier, op hierdie plek in Boksburg, het Japie Terblanche ’n bietjie met ’n trein geworstel, vertel Dana Snyman in die rubriek hieronder oor ’n geesdriftige treinbekruiper.

Dana Snyman | Langs die spoorlyn met ‘n treinbekruiper

Oom Japie kyk vir die soveelste keer op sy horlosie. “Kom, ons moet gaan,” sê hy en tel sy kameratjie van die tafel af op. “Die Rovos Rail moet nou naby wees.” Ons stap by die voorhekkie uit, ek en hy, op teen ’n hoë wal tot bo waar die twee spoorlyne lê – die

Dana Snyman | Langs die spoorlyn met ‘n treinbekruiper Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Pa staan op die preekstoel in sy toga, met sy arms in die lug, sy handpalms oop, besig om die seën oor die gemeente uit te spreek. Foto: Verskaf

Om met meer genadige oë na die wêreld te probeer kyk

Nou die dag kom ek weer af op die foto wat ek een Sondagoggend met my Kodak Instamatic-kameratjie van Pa in die kerk op Naboomspruit geneem het. Dit lê hier by my op my skryftafel. Daar staan Pa op die preekstoel in sy toga, met sy arms in die lug, sy handpalms oop, besig om

Om met meer genadige oë na die wêreld te probeer kyk Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Dana Snyman skryf: Die foto wat Pa op ds Ferdie Weich se sendingstasie op Tsum­kwe in die ou Suidwes-Afrika geneem het, lê nou al vir lank op my skryftafel. Ek het dit tussen Pa se skyfies gekry en het ’n afdruk daarvan laat maak. Hier staan vyf mans in die veld. Boesmans. San-mense. In broeke en hemde. Foto: Verskaf

Ek hoor nog die klik-klak van die gesprekke tussen ds Weich en die San-mense

Die foto wat Pa op ds Ferdie Weich se sendingstasie op Tsum­kwe in die ou Suidwes-Afrika geneem het, lê nou al vir lank op my skryftafel. Ek het dit tussen Pa se skyfies gekry en het ’n afdruk daarvan laat maak. Op die foto staan vyf mans in die veld. Boesmans. San-mense. In broeke en

Ek hoor nog die klik-klak van die gesprekke tussen ds Weich en die San-mense Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Op die langpad luister Dana Snyman na ’n preek wat hom leeg laat voel, terwyl tonele soos hierdie een net duskant Sasolburg, buite die motorvenster verby flits. Foto: Dana Snyman

As ’n preek jou bang en leeg laat

Die land kasty my terwyl ek al verder noord ry. Elke dorp met sy plakkersbuurt, soms groter as die dorp self. Bedelaars. Slaggate in die pad. Die nuus van nóg ’n moord oor die radio, nóg ’n rooftog, nóg ’n korrupte amptenaar iewers. Iemand het vroegoggend vir my ’n video op my selfoon aangestuur, en

As ’n preek jou bang en leeg laat Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Ds Reggie Boesak woon al vir jare op Montagu en is onder meer betrokke by die museum, wat in die ou sendingkerk op die dorp ingerig is. Die oorspronlike preekstoel staan nog hier, met die wynrooi kleedjie wat verklaar: Ziende op Jezus. Foto: Dana Snyman

Oor onthou en vergewe … Dana Snyman gesels met Reggie Boesak

“The past is never dead. It’s not even past.” – William Faulkner In die museum op Montagu raak ek met ds Reggie Boesak aan die gesels. Hy vertel hoe hy op Kakamas in die Noord-Kaap grootgeword het, lank voor 1994. Sy pa was ’n skoolhoof en hoofouderling, ’n swart man. Sy ma, ’n wit vrou.

Oor onthou en vergewe … Dana Snyman gesels met Reggie Boesak Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Jan Mankopaan is 'n man van geloof. Jy moet dit wees as jy so ’n ou ryding het soos dié Nissan-1400-bakkie. Foto: Dana Snyman

Kanniedood karretjie hoop alles, verdra alles, glo alles

Op Sutherland staan Jan Man­ko­paan by sy gedaan Nissan 1400-bakkie. “Hier’s darem nie te veel verkeerd nie,” sê hy en wikkel die enjinkap oop. Jan se bakkie se enjin is ’n stillewe in olie en desperaatheid. Geen lugfilter nie. Geen vonkverdeler nie. Die battery verweerd. “Eintlik moet ek nou maar net sy tyd stel.” Jan

Kanniedood karretjie hoop alles, verdra alles, glo alles Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Kerkgebou op ’n weeksdag: "’n Mens raak altyd eerste bewus van die lig in so ’n kerkgebou. Of die gebrek aan lig, want sulke kerke het dikwels loodglasvensters of gekleurde rui­te. Soos dit behoort te wees," skryf Dana Snyman in sy rubriek hieronder. "Party mense sê dit is te somber vir hulle in so ’n kerk, te ouwêrelds, te styf en formeel. Dit voel soos ’n museum. Ek is juis op soek daarna. Die donker plek­ke binne-in my soek juis so ’n effense skemerte, wat ruik na meubelolie en op­gegaarde stof in orrelpype en genade en swaeltjieneste onder die dakkappe." Foto: Dana Snyman

Dana Snyman: Om die binne-chaos te verdryf

Wanneer ek op die langpad is, hou ek soms by kerke stil. Op dorpe en in die stad. Veral ou kerke, met ’n toring en ’n sipres of twee in die tuin. Afrikaanse kerke. NG kerke. Meestal is die gebou gesluit as dit ’n weeksdag is, en dikwels is daar ’n tralieheining rondom die kerkterrein,

Dana Snyman: Om die binne-chaos te verdryf Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Foto verskaf

Dana onthou: Ma. Saam met mev Betsie Verwoerd, nogal

Hier staan julle met julle kerkhoede op, Ma. Saam met mev Betsie Verwoerd, nogal. Die eer­ste minister, dr HF Verwoerd, se vrou. In 1965. Of was dit in ’64? Ek is nie seker nie. Lizette Murray het die foto onlangs vir my gestuur. Haar ma, tannie Nelie Vlotman, is ook op die foto. Tannie Nelie

Dana onthou: Ma. Saam met mev Betsie Verwoerd, nogal Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Scroll to Top