- Hierdie kennisgewings is op 17 Julie 2026 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
AANVAAR
Ds AD (Attie) Botha (emeritus) van Jansenville na Albanie; ds L (Leonie) Johnson van Haakdoorn as tentmaker na Waverley.
OOS-KAAP
AANVAAR
Hiermee gee die kerkraad van NG Kerk Albanie kennis dat ds Arthur (Attie) Daniël Botha die beroep na NG Kerk Albanie te Grahamstad (Makhanda) aanvaar het. Indienstreedatum is 01 Augustus 2026 met bevestiging (DV) Vrydag 14 Augustus 2026. Dit is ’n driejaartermyn kontrakpos. (Mariëtte Barnardt, skriba/kassier: NG Kerk Albanie (Grahamstad), 13.07.2026).
NOORD-KAAP
RINGSITTING
Hiermee stel ons u in kennis dat die Ring van Hanover DV op Saterdag, 19 September 2026 hulle 43ste ringsvergadering hou te NG Kerk Petrusville. (Madeleine Hattingh, ringskriba: Ring van Hanover, 13.07.2026).
NOORDELIKE
AANVAAR
Ds Leonie Johnson het die beroep as tentmaker vanaf NG Gemeente Haakdoorn na NG Gemeente Waverley aanvaar. Haar intreepreek is Sondag 2 Augustus 2026 by NG Gemeente Waverley. (Dalene Myburgh, saakgelastigde/skriba: NG Gemeente Waverley, 15.07.2026).
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
