Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Lyttelton-Noord: Voltydse leraarspos

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Voltydse leraarspos

Gemeenteprofiel:

Die NG Kerk Lyttelton-Noord (Omgeekerk) stel in biddende afhanlikheid ’n vakature bekend vir ’n voltydse leraar met ’n fokus op die bediening van senior lidmate, gemeentegroei en die insluiting van jong gesinne.

Ons visie: ’n Biddende Omgeekerk wat Jesus in alles volg, en daarna streef dat almal onder leiding van die Heilige Gees Hom as Verlosser ken en beleef.

Ons roeping en taak: “Kom” – Oorgee; “Gaan” – Omgee; “Maak” – Aangee.

Die Omgeekerk is ’n biddende gemeente wat Jesus in alles volg en daarna streef dat almal Hom, onder leiding van die Heilige Gees, as Verlosser leer ken en beleef. Die gemeente bestaan uit 403 belydende lidmate en 51 dooplidmate.

Profiel van nuwe leraar:

Iemand wat:

  • Die gawe en roeping het om sowel jong as senior lidmate te bedien.
  • Gemeenskapsgerig en energiek is.
  • ’n Passie vir gesinsbediening.
  • Inklusief kan dink en tweetalig (in Afrikaans en Engels) kan bedien.
  • ’n Hart vir pastorale sorg het.
  • Strategies kan dink en lidmate tot groei motiveer en lei.
  • Tegnologies vaardig is en gemaklik is met digitale kommunikasie, aanlyn eredienste, multimedia en sosiale media om jong gesinne en senior lidmate te ondersteun.
  • ’n Spanspeler is wat gemaklik is met samewerking binne die ring en saam met ander denominasies en gemeenskapstrukture.
  • ’n Passie vir musiek en sang het – om eredienste lewendig te maak, jong gesinne te inspireer, en senior lidmate te bemoedig deur lofprysing en aanbidding.

Posbeskrywing: Soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoedingspakket: Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn. Pastorie is opsioneel.

Aansoeke:

  • Sluitingsdatum: 9 Augustus 2026.
  • Aanvangsdatum: 1 Januarie 2027
  • Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV en gestuur word aan die kerkkantoor (saakgelastigde: Susann Schwartz) by: kerkkantoor@omgeekerk.co.za

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang word nie. In lyn met POPIA sal alle aansoeke as vertroulik hanteer word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top