Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Nuwerus: Voltydse vastetermyn leraarspos (drie jaar)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature vir ’n voltydse vastetermyn leraarspos van drie jaar

In biddende afhanklikheid van die Here nooi die kerkraad gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om vir hierdie leraarspos aansoek te doen. Die kerkraad kan ná drie jaar besluit om die termyn te verleng.

GEMEENTEPROFIEL:

Nuwerus is ’n plattelandse gemeente binne die sinode van Wes-Kaapland se grense, ongeveer 70 km noord van Vanrhynsdorp op die N7-snelweg geleë.

Die gemeente bestaan reeds 103 jaar en het 233 belydende lidmate en 46 dooplidmate. Die gemeente is opgedeel in twee dorpswyke en ses bedieningspunte met 124 besoekpunte. Afstand van besoekpunte is ’n radius van 100 km grondpaaie. Kleinveeboerdery is die hoof ekonomiese aktiwiteit in die omgewing.

Die kerkraad droom God se droom om ’n koninkryksverskil te maak. ’n Leraar wat saam met die kerkraad hierdie droom wil droom en uitleef, in ’n plattelandse konteks, word uitgenooi om aansoek te doen. Die kerkraad het daarom die volgende leraarsprofiel saamgestel.

LERAARSPROFIEL:

  • ’n Leraar met ’n passie vir plattelandse mense en wat begrip toon vir hulle unieke omstandighede.
  • ’n Leraar wat ingestel is op persoonlike kontak, opbouende kommunikasie, en verhoudinge bou.
  • Lidmate begelei tot dissipelskap en die beoefening van geloofsgewoontes.
  • Lidmate begelei, om veral in hulle plaaslike konteks, as gestuurdes te leef.
  • Die gemeente op te bou en strukture innoverend aan te pas by die plattelandse omstandighede.
  • Begelei samewerking met ander geloofsgemeenskappe.
  • Is verbind tot deelnemende bestuur, en is ’n gemaklike spanwerker.
  • Bedien en begelei die gemeente volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Leraar moet bekend wees met grondpaaie en ’n geskikte voertuig daarvoor besit.

VERGOEDING:

Sinodale riglyn tot vlak drie. ’n Ruim woning is beskikbaar.

AANSOEKE:

Belangstellendes word genooi om hulle persoonlike besonderhede, Meyers-Briggs\ Keirsey persoonlikheidstipes en volledige CV, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente aan die kerkkantoor te stuur:

E-pos: ngkerknuwe@gmail.com

Kandidate, wat kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 30 September 2026.

NAVRAE:

Me Anna-Maré Mostert, skriba, (Ma en Do 08:00-16:30 en Di 08:00-13:00).

073 441 0892, ngkerknuwe@gmail.com

Mnr Albie Pool, Voorsitter: kerkraad 078 459 0950 / kameel@kingsleymail.co.za

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top