Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nederduitse Gereformeerde Kerk (Noord-Kaapland): Administratiewe beampte

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Administratiewe beampte

Standplaas: Kimberley

Die Sinode van Noord-Kaapland stel hiermee ’n vakature bekend vir die voltydse pos van administratiewe beampte ten einde ondersteuning te gee aan die uitvoering van die sinode se roeping deur goeie kommunikasie, verhoudingsbou en die koördinering van die sinode se bedieningswerk.

Roepingsverklaring:

Die Sinode van Noord-Kaapland leef vanuit die roepingsverklaring:

“Saam luister ons na die Woord van die Here en loop só saam op die pad dat ons ons roeping ontdek en mekaar moed en hoop gee om dit uit te leef – deur verhoudings, stories en diensbaarheid.”

Ons sien ’n kerk in Noord-Kaapland wat saam op pad is – ’n luisterende, vreugdevolle geloofsfamilie wat die lig van Christus sigbaar leef in elke gemeenskap.

Hierdie pos word geplaas binne ’n nuwe strategiese beweging:

  • Van alleen na saam en netwerk.
  • Van administratief na verhoudings en stories.
  • Van strukture na ’n lewende, missionale kerk.

Die administratiewe beampte speel ’n sleutelrol as administratiewe ondersteuning aan die predikant in sinodale diens en sinodale kommissies en kommunikasie na en van die sinodale kantoor.

Primêre verantwoordelikhede:

  • Bestuur van die sinodale kantoor betreffende kantooradministrasie, rekordhouding en dokumentbestuur.
  • Die byhou van databasisse en administratiewe skakeling en opleiding met ringe, gemeentes en predikante binne die sinodale gebied.
  • Administrasie van sinodale werksaamhede (kommissies en taakspanne), deur die byhou van agendas, notules, dokumentverspreiding en logistieke:

–    SKNK: Sinodale Kommissie in Noord-Kaapland.

–    SKDG: Sinodale Kommissie vir Diens en Getuienis.

–    SKHD: Sinodale Kommissie vir Hulpdienste.

–    SKBO: Sinodale Kommissie vir Bedieningsondersteuning.

–    SKOK: Sinodale Kerkordekommissie.

  • Byhou van argief en ander historiese rekords.
  • Verantwoordelik vir alle logistieke en reisadministrasie.
  • Bestuur van kommunikasie na en van die sinodale kantoor.

Minimum vereistes:

  • Bewese ondervinding in kantoor- en administrasiebestuur.
  • Ondervinding in sinodale strukture / gemeentes / kerklike omgewing en administrasie sal in guns val.
  • Ervaring in menslikehulpbronbestuur sal tot voordeel wees.
  • Moet sistematies en detailgeoriënteerd kan werk.
  • Sterk kommunikasievaardighede.
  • Hoë rekenaar- en tegnologiese vaardigheid.
  • Bekwaamheid om verhoudings en netwerke te bou en spanne te vorm.
  • Hoë vlakke van emosionele intelligensie (emosionele volwassenheid).
  • Aanpasbaar / veerkragtig.
  • Dinamies en selfgedrewe; kan inisiatief neem.
  • Moet lidmaat van die NG Kerk wees.

Sluitingsdatum: 31 Augustus 2026.

Vergoedingspakket is beskikbaar op aanvraag by sinodale kantoor. Nie-predikant-salarisskaal verwant.

Aansoeke kan gestuur word aan admin@noordkaapland.co.za

Vir enige navrae: Di Melt Loubser / Rion Britz

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top