Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Reeks 1: Predikante in ‘n pandemie

REEKS 1: Predikante in ’n pandemie | Leraars praat oor die pandemie se straf én geskenke

In die middel van die Covid-19-pandemie het Marileen Steyn onderhoude met meer as 40 predikante gaan voer. Sy wou hoor:
· Wat was jou belewenis van 2020?
· Hoe het jy ge-cope?
· Watter “geskenk” het Korona vir jou gegee?
· Wat het in jou teologie gebeur?

Steyn sê oor die projek: “Wat die resultaat bied, is iets soos ’n tydkapsule. Iets wat jare later ons kan help verstaan hoe die tyd gelyk het, wat mense se belewenis van die pandemie was. Dit is woordportrette van NG predikante in ’n spesifieke tyd: aan die einde van 2020. Miskien is dit belangrik om dit van die begin af duidelik te maak dat baie van die predikante reeds ses maande na ons onderhoude laat weet het dat hulle en hulle gemeentes op heel ander plekke is. Dit is juis die punt van ’n tydkapsule. Dit verteenwoordig ’n oomblik, nie ’n ewigheid nie.”

Hierdie navorsingsprojek is in samewerking met die Sinode van Wes-Kaapland gedoen.

Enel Lambrecht praat oor die waarde van terugkeer. Foto ter illustrasie (Unsplash).

‘Om outentiek te wees’

Marileen Steyn in gesprek met Enel Lambrechts As jy by die venster uitkyk, kan jy dalk Knysna se bekende Koppe sien. Maar dis nie dít wat vandag my aandag vra nie. Daar is twee eienskappe van Enel wat my tref: hoe sy tegelyk sag en sterk vertoon, en hoe haar huisgesin haar menswees aanvul. Sy […]

‘Om outentiek te wees’ Lees verder

Aktueel Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
René Potgieter praat oor die waarde van ondersteuning. Foto ter illustrasie (Unsplash).

‘God is die Een wat langs sy mense loop’

Marileen Steyn in gesprek met René Potgieter Ons sit rustig in die gemeente se gebedskamer – en ek hou daarvan. Dit pas boonop by die bietjie wat ek al van René beleef het. Ek het haar om ’n baie spesifieke rede vir ’n onderhoud genader: Ek het vermoed dat sy as ’n ouer ’n bepaalde

‘God is die Een wat langs sy mense loop’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Marizanne Pfeil-Wessels herinner dat ons eintlik reeds genoeg het.

Om nie na méér te streef nie …

Marileen Steyn in gesprek met Marizanne Pfeil-Wessels   Marizanne is pas nadat sy afgestudeer het na die NG gemeente Helderberg beroep, en is daar bevestig met die opdrag om die Hoop Geloofsgemeenskap in Somerset-Wes te bedien. Skaars drie maande nadat sy begin het, word sy met Covid-19 en al die gepaardgaande uitdagings gekonfronteer. Oorweldig Marizanne-die-introvert

Om nie na méér te streef nie … Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Alex Clark praat oor teenwoordigheid. Foto: Verskaf

‘As dit net oor mý gaan, wat is die punt?’

Marileen Steyn in gesprek met Alex Clark.   Tussen Ceres en Citrusdal loop ’n pad die Koue Bokkeveld in. Langs daardie pad, in die skadu van Skurweberg, is ’n klein dorpie genaamd Op-die-Berg. Maar moenie dat die grootte, of gebrek daaraan, jou om die bos lei nie. Dié dorpie is geleë in ’n wêreld van

‘As dit net oor mý gaan, wat is die punt?’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Johann Winterbach praat oor rondtas. Hy onderskei tussen twee soorte: rondtas omdat jy weet, teenoor rondtas omdat jy wanhopig is. Foto ter illustrasie

‘God speel wegkruipertjie’

Marileen Steyn in gesprek met Johann Winterbach.    Op ’n grys dag in George is Johann se gunstelingkoffiewinkel ’n welkome tuiste. Die kafee is vol kuns, dis kleurvol en daar is regte “kafee-musiek” in die agtergrond. Johann is ’n gemoedelike mens. Hy gesels maklik en lekker – en ek glimlag heimlik vir die manier waarop

‘God speel wegkruipertjie’ Lees verder

Aktueel Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Piet en Sarizé Retief praat oor dissipelskap. Foto: Verskaf

‘As jy by die Vaderhuis begin, kan jy enigiets doen’

Marileen Steyn in gesprek met Piet en Sarizé Retief.    Vra my nie waarom ek, telkens as ek oor ’n brug ry, eers probeer kyk of ek water sien nie. Miskien is dit soos hoop werk. Of miskien is dit ’n soort bevestiging van wat ek oor Garies en omgewing gehoor het. “Ek ry oor

‘As jy by die Vaderhuis begin, kan jy enigiets doen’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
“Hierdie is nie ‘die nuwe normaal’ nie,” sê Helené Fouché. “Dis net ‘die normaal’."

‘Ek het ’n begeerte aan kontak’

Marileen Steyn in gesprek met Helené Fouché.   Wanneer ek deur Brackenfell ry en in die naasliggende Kuilsrivier beland, kom ek dadelik ’n verskil agter – alhoewel my taal opraak as ek dié verskil moet verduidelik. Helené gee my die taal. Sy verduidelik dat Kuilsrivier een van die mees geïntegreerde gemeenskappe in die land is.

‘Ek het ’n begeerte aan kontak’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Elzanne van der Westhuizen praat oor kontak. Foto ter illustrasie.

Om voortdurend tussen sleg en slegter te moes kies

  Marileen Steyn in gesprek met Elzanne van der Westhuizen.   Ek sal nooit weer aan Elzanne kan dink sonder om te onthou hoe sy met haar volgroeide borderkollie in haar arms na my toe aangestap kom nadat die hond ontsnap het nie. Dis hoe sy my groet toe ek by haar huis in Stellenbosch

Om voortdurend tussen sleg en slegter te moes kies Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Clifford James praat oor perspektief.

‘Cope julle?’

Marileen Steyn in gesprek met Clifford James.   Eers sien jy die windturbines. Dan word jy daarvan bewus dat die lang, reguit pad tussen die Weskus en Malmesbury geleidelik in ’n vallei afsak. Hier waar die mis in die winter dig toesak, lê die dorpie Hopefield. Van ver af sien jy die kerktoring. Dit lyk of

‘Cope julle?’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Simon Theron*  praat oof fokus. Foto ter illustrasie.

‘Ek weet nie meer wat om vir die Here te sê nie’

Marileen Steyn in gesprek met Simon Theron*.    Ek ry in die Groot-Karoo. Om my lê die landskap uitgestrek. En swart – die uitmergelende droogte se greep is alte sigbaar. Die pad voor my lei my wel reguit in ’n reënbui in. Die weerpatrone is wispelturig. In Juniemaand het dit plek-plek goed gereën. Maar van

‘Ek weet nie meer wat om vir die Here te sê nie’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
“Ons moet persepsies en vooroordele afbreek,” sê Andri Eloff. “Daar is veralgemenings en stereotipering wat verhoudings tussen mense en groepe beduiwel.” Foto: Verskaf

‘Ons almal is op die een of ander manier gestrem’

Marileen Steyn in gesprek met Andri Eloff.   Ek het Andri maar enkele weke voor ons gesprek ontmoet. Ons was saam by ’n kursus en hy het tydens die ysbreker homself as “kreatief” beskryf. Toe ek later in sy kantoor sit, het ek weer aan die kreatiwiteit gedink. Sy kantoor getuig hiervan: die blou en

‘Ons almal is op die een of ander manier gestrem’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Wynand Breytenbach praat oor samewerking. Foto: Verskaf

‘Daar is mense met wie ek nou nooit weer nié sal saamwerk nie’

Marileen Steyn in gesprek met Wynand Breytenbach.    Hy ontmoet my by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington waar hy besig is met sy boeke. Nog voordat ons behoorlik sit, vra Wynand om verskoning vir sy gebrek aan energie. Ek glimlag. Dis dan juis hoe ek Wynand ken: Hy is vol energie, vol

‘Daar is mense met wie ek nou nooit weer nié sal saamwerk nie’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Franco Joubert* praat oor verbintenis. Foto ter illustrasie

Om tussen twee wêrelde te beweeg

Marileen Steyn in gesprek met Franco Joubert*   Dis een van daardie dorpies waar almal behalwe die beeste jou groet. Die son sit net op die regte plek om aan elke stukkie groen gras, bos en boom reg te laat geskied terwyl jy die verte inkyk. Dis ’n byna-idilliese toneel. Byna, ja. Want aan die

Om tussen twee wêrelde te beweeg Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Bernard Nienaber het die stilte meer waardeer. Foto: Pexels
Bernard Nienaber het die stilte meer waardeer. Foto: Pexels

‘Om minder besig te wees, en net soveel of selfs meer te bereik’

Marileen Steyn in gesprek met Bernard Nienaber* Ek ry na die gemeente om met Bernard te gaan gesels, en dit voel asof ek op ’n soort naat beweeg: Links is die oop veld, en regs ’n inkopiesentrum. Die hele omgewing adem iets van tussen grense wees, maar ek kan nie my vinger daarop lê nie.

‘Om minder besig te wees, en net soveel of selfs meer te bereik’ Lees verder

Aktueel Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Janlu Kuyler praat oor die waarde van ons stemme. Foto: verskaf
Janlu Kuyler praat oor die waarde van ons stemme. Foto: verskaf

‘Die kerk moet haar stem terugkry’

Marileen Steyn in gesprek met Janlu Kuyler Robertson is bekend vir vrugte – en vir wyn. Hoe gepas is dit dan dat Janlu, die predikant by Robertson Moedergemeente, se huis in ’n wynplaasstyl gebou is! Dis ’n groot, wit huis met ’n prieel wat die paadjie na die voordeur omsoom. Die studeerkamer is die ene

‘Die kerk moet haar stem terugkry’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Andries Potgieter is saam met God op reis. Foto: Unsplash
Andries Potgieter is saam met God op reis. Foto: Unsplash

‘Ek weier eenvoudig om negatief te word’

Marileen Steyn in gesprek met Andries Potgieter Oudtshoorn-Welgeluk se pastorie is heerlik koel in die Klein-Karoo se hitte. Ek en Andries gesels oor die warboel emosies wat hy die afgelope jaar beleef het. “Ek is nou al twintig jaar in die bediening,” sê hy, “maar 2020 was lag-lag die moeilikste jaar nóg.” Die probleem was

‘Ek weier eenvoudig om negatief te word’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Talitha Conradie sien die pandemie as avontuur. Foto: verskaf
Talitha Conradie sien die pandemie as avontuur. Foto: verskaf

‘Die kanse is goed dat God ’n ander plan vir jou het’

Marileen Steyn in gesprek met Talitha Conradie Talitha het die laaste jaar van haar internskap* by die NG gemeente Goodwood met ’n behoorlike “wedstrydplan” betree. “En toe flop dit!” Nuut In plaas daarvan dat die jaar volgens dié plan verloop het, het dit ’n jaar geword waarin haar oë oopgemaak is. Dit was ’n jaar

‘Die kanse is goed dat God ’n ander plan vir jou het’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Francois du Plooy onthou dat God hom vashou. Fokus: Unsplash
Francois du Plooy onthou dat God hom vashou. Fokus: Unsplash

‘God is in die skuit, al voel dit asof ons vergaan’

Marileen Steyn in gesprek met Francois du Plooy Tussen die Swartberg en die Kammanassie lê die kunstenaarsdorpie De Rust. Hier woon die volstruisboere en die groenteboere langs die dorp se skilders en beeldhouers. Francois laat dit soos ’n paradys klink: misdaadvry, ’n kwaliteitlewe, met ouer mense wat eers in hul vakansiehuise kom uitspan en uiteindelik

‘God is in die skuit, al voel dit asof ons vergaan’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
André Kritzinger se geloof strek vorentoe. Foto: verskaf.
André Kritzinger se geloof strek vorentoe. Foto: verskaf.

‘’n Geloof verby beperkings, verby vrees’

Marileen Steyn in gesprek met André Kritzinger Die prominente toring verklap die kerk se teenwoordigheid al van ver af. Ek en André ontmoet mekaar in die NG gemeente Mosselbaai-Suid se kerksaal. Dit val my dadelik op dat hy streng by die voorgeskrewe maatreëls hou. Hy bied my nie iets te drinke aan nie. Ons hoef

‘’n Geloof verby beperkings, verby vrees’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Kobus Prinsloo* het sy geloofsgemeenskap gemis. Foto: Unsplash
Kobus Prinsloo* het sy geloofsgemeenskap gemis. Foto: Unsplash

‘Die geloofsgemeenskap maak slegs sin as mense bymekaar kan kom’

Marileen Steyn in gesprek met Kobus Prinsloo* Ek het hom leer ken deur wat mense oor hom gesê het. Sy gemeentelede, byvoorbeeld, wat my herhaaldelik vertel het: “Hierdie dominee is nie soos ander dominees nie.” ‘Dis nie wie ek is nie’ Toe ek hom sien, het ek geweet hy lyk beslis nie na die stereotipiese

‘Die geloofsgemeenskap maak slegs sin as mense bymekaar kan kom’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Lourens Bester het 'n tuiskoms beleef. Foto: verskaf
Lourens Bester het 'n tuiskoms beleef. Foto: verskaf

‘Ek kan net my bes doen, en dan moet ek die bal aangee – en dis ook orraait’

Marileen Steyn in gesprek met Lourens Bester Lourens wag ewe rustig vir my in die koffiewinkel. Ek storm in met my sakke oor my skouers en plak alles neer. In my gejaagde, taakgerigte modus wil ek sommer met die onderhoud begin – maar Lourens herinner my daaraan dat ons tog eers ’n ou drinkdingetjie moet

‘Ek kan net my bes doen, en dan moet ek die bal aangee – en dis ook orraait’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Jana Dickason moes leer om te stop. Foto: verskaf
Jana Dickason moes leer om te stop. Foto: verskaf

‘Die Here se werk gaan voort; Hy is nie van ons afhanklik nie’

Marileen Steyn in gesprek met Jana Dickason Ek was by toe Jana gehoor het dat sy na die NG gemeente La Rochelle beroep is. Ek het lanklaas iemand gesien wat so bly is. Sy was baie opgewonde om deel te word van hierdie makrogemeente se hegte span. ‘Waar vat jy en waar los jy?’ Intussen

‘Die Here se werk gaan voort; Hy is nie van ons afhanklik nie’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Scroll to Top