Reeks 1: Predikante in ‘n pandemie
REEKS 1: Predikante in ’n pandemie | Leraars praat oor die pandemie se straf én geskenke
In die middel van die Covid-19-pandemie het Marileen Steyn onderhoude met meer as 40 predikante gaan voer. Sy wou hoor:
· Wat was jou belewenis van 2020?
· Hoe het jy ge-cope?
· Watter “geskenk” het Korona vir jou gegee?
· Wat het in jou teologie gebeur?
Steyn sê oor die projek: “Wat die resultaat bied, is iets soos ’n tydkapsule. Iets wat jare later ons kan help verstaan hoe die tyd gelyk het, wat mense se belewenis van die pandemie was. Dit is woordportrette van NG predikante in ’n spesifieke tyd: aan die einde van 2020. Miskien is dit belangrik om dit van die begin af duidelik te maak dat baie van die predikante reeds ses maande na ons onderhoude laat weet het dat hulle en hulle gemeentes op heel ander plekke is. Dit is juis die punt van ’n tydkapsule. Dit verteenwoordig ’n oomblik, nie ’n ewigheid nie.”
Hierdie navorsingsprojek is in samewerking met die Sinode van Wes-Kaapland gedoen.