Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Marileen Steyn

Dr Marileen Steyn werk as teoloog by die Protestantse Theologische Universiteit in Nederland.

Marileen Steyn: Kerkherinneringe van nét ’n vrou

My kinderdae se kerkherinneringe is van my helderste herinneringe. Hoe ek op my ma se skoot lê en wonder waarom die dominee op my ouers skree. Hoe ek my verbeel het dat die kerk op sy kop gekeer word en hoe ek oor elke dakbalk moet klim om by die deur uit te kom. Hoe […]

Marileen Steyn: Kerkherinneringe van nét ’n vrou Lees verder

Rubrieke

Die kerkorde maak nie die kerk nie: In gesprek met prof Johan van der Merwe

Die Algemene Sinode van die NG Kerk vind binnekort plaas. Dit is die tyd van agendapunte en amendemente en missionale kerkordes. In hierdie uitgawe van die So What–rubriekreeks gesels dr Doret Niemandt met dr Antionette Janse van Rensburg oor die waarde van die kerkorde terwyl Marileen Steyn by prof Johan van der Merwe meer uitvind

Die kerkorde maak nie die kerk nie: In gesprek met prof Johan van der Merwe Lees verder

Artikels

In gesprek met Coenie Burger: ‘Ons dink ons verstaan vir Jesus … Dit is waar ons die fout maak’

Soos ’n goue draad is die betekenis en verkondiging van die evangelie deur dr Coenie Burger se lewe en werk vervleg. Dit is ook duidelik in die geval van sy nuutste boek getiteld Ons wil Jesus sien. Marileen Steyn vind meer uit. Ongeveer 40 jaar gelede het Coenie Burger sy PhD-tesis oor die verhouding tussen

In gesprek met Coenie Burger: ‘Ons dink ons verstaan vir Jesus … Dit is waar ons die fout maak’ Lees verder

Artikels
Ivor Swartz (heel links) werk met jeug regoor ons land, om toe te sien dat die volgende generasie hulle roeping as landsburgers verstaan en ernstig opneem. Hy en Rudi Swanepoel (heel regs) het saam geskryf aan ’n gespreksreeks op Via “Ons Vir Jou” – wat streef om versoening te bewerkstellig. Hy is tans leraar by NG Oosterlig in Pretoria, waar hy met die jeug werk. Hier staan die aanbieders by een van hulle gaste, die radio-aanbieder Charlene Lackay. Foto: Verskaf

Is daar nog ’n plek vir jou en vir my?

Ds Ivor Swartz gesels met Marileen Steyn oor die plek van die wit Afrikaner in die nuwe Suid-Afrika en die invloed wat hierdie gesprekke op die jeug het. “Dis ’n land van kleure en klank. Dis ’n land van oorvloed en dank. Dis ’n land waar almal na strewe. Dis ’n land sonder horison en

Is daar nog ’n plek vir jou en vir my? Lees verder

Aktueel Artikels
In sy proefskrif getiteld Designing and developing a “Rhythm of Life” as a pedagogy that assists in the cultivation of missional disciple formation ondersoek dr Tom Smith die manier waarop die kerk mense kan vorm om aan missionaliteit deel te neem.

Missionale dissipelskap: om mense vir die koninkryk te “wen”

Dr Tom Smith maak dit ’n prioriteit om mense vir die koninkryk te wen, maar nie op die manier wat ’n mens dalk sal verwag nie. Marileen Steyn vind meer uit. Daar was eens ’n tyd wat dit baie gewild was om te praat van die kerk se agenda “om mense vir die koninkryk van

Missionale dissipelskap: om mense vir die koninkryk te “wen” Lees verder

Artikels

Queer hermeneutiek: Wie word geraak deur hoe ons dink?

Marileen Steyn gesels met proff Julie Claassens en Jeremy Punt oor queer hermeneutiek en die implikasies daarvan vir ons almal se liggaam. Meer as net ’n brein Ek is ’n liggaam. Soos wat ek hierdie artikel skryf, is ek nie net ’n brein nie, maar ’n liggaam wat frons, ’n liggaam wat tik, ’n liggaam

Queer hermeneutiek: Wie word geraak deur hoe ons dink? Lees verder

Artikels
Enel Lambrecht praat oor die waarde van terugkeer. Foto ter illustrasie (Unsplash).

‘Om outentiek te wees’

Marileen Steyn in gesprek met Enel Lambrechts As jy by die venster uitkyk, kan jy dalk Knysna se bekende Koppe sien. Maar dis nie dít wat vandag my aandag vra nie. Daar is twee eienskappe van Enel wat my tref: hoe sy tegelyk sag en sterk vertoon, en hoe haar huisgesin haar menswees aanvul. Sy

‘Om outentiek te wees’ Lees verder

Aktueel Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
René Potgieter praat oor die waarde van ondersteuning. Foto ter illustrasie (Unsplash).

‘God is die Een wat langs sy mense loop’

Marileen Steyn in gesprek met René Potgieter Ons sit rustig in die gemeente se gebedskamer – en ek hou daarvan. Dit pas boonop by die bietjie wat ek al van René beleef het. Ek het haar om ’n baie spesifieke rede vir ’n onderhoud genader: Ek het vermoed dat sy as ’n ouer ’n bepaalde

‘God is die Een wat langs sy mense loop’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Marizanne Pfeil-Wessels herinner dat ons eintlik reeds genoeg het.

Om nie na méér te streef nie …

Marileen Steyn in gesprek met Marizanne Pfeil-Wessels   Marizanne is pas nadat sy afgestudeer het na die NG gemeente Helderberg beroep, en is daar bevestig met die opdrag om die Hoop Geloofsgemeenskap in Somerset-Wes te bedien. Skaars drie maande nadat sy begin het, word sy met Covid-19 en al die gepaardgaande uitdagings gekonfronteer. Oorweldig Marizanne-die-introvert

Om nie na méér te streef nie … Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Alex Clark praat oor teenwoordigheid. Foto: Verskaf

‘As dit net oor mý gaan, wat is die punt?’

Marileen Steyn in gesprek met Alex Clark.   Tussen Ceres en Citrusdal loop ’n pad die Koue Bokkeveld in. Langs daardie pad, in die skadu van Skurweberg, is ’n klein dorpie genaamd Op-die-Berg. Maar moenie dat die grootte, of gebrek daaraan, jou om die bos lei nie. Dié dorpie is geleë in ’n wêreld van

‘As dit net oor mý gaan, wat is die punt?’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Johann Winterbach praat oor rondtas. Hy onderskei tussen twee soorte: rondtas omdat jy weet, teenoor rondtas omdat jy wanhopig is. Foto ter illustrasie

‘God speel wegkruipertjie’

Marileen Steyn in gesprek met Johann Winterbach.    Op ’n grys dag in George is Johann se gunstelingkoffiewinkel ’n welkome tuiste. Die kafee is vol kuns, dis kleurvol en daar is regte “kafee-musiek” in die agtergrond. Johann is ’n gemoedelike mens. Hy gesels maklik en lekker – en ek glimlag heimlik vir die manier waarop

‘God speel wegkruipertjie’ Lees verder

Aktueel Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Piet en Sarizé Retief praat oor dissipelskap. Foto: Verskaf

‘As jy by die Vaderhuis begin, kan jy enigiets doen’

Marileen Steyn in gesprek met Piet en Sarizé Retief.    Vra my nie waarom ek, telkens as ek oor ’n brug ry, eers probeer kyk of ek water sien nie. Miskien is dit soos hoop werk. Of miskien is dit ’n soort bevestiging van wat ek oor Garies en omgewing gehoor het. “Ek ry oor

‘As jy by die Vaderhuis begin, kan jy enigiets doen’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
“Hierdie is nie ‘die nuwe normaal’ nie,” sê Helené Fouché. “Dis net ‘die normaal’."

‘Ek het ’n begeerte aan kontak’

Marileen Steyn in gesprek met Helené Fouché.   Wanneer ek deur Brackenfell ry en in die naasliggende Kuilsrivier beland, kom ek dadelik ’n verskil agter – alhoewel my taal opraak as ek dié verskil moet verduidelik. Helené gee my die taal. Sy verduidelik dat Kuilsrivier een van die mees geïntegreerde gemeenskappe in die land is.

‘Ek het ’n begeerte aan kontak’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Elzanne van der Westhuizen praat oor kontak. Foto ter illustrasie.

Om voortdurend tussen sleg en slegter te moes kies

  Marileen Steyn in gesprek met Elzanne van der Westhuizen.   Ek sal nooit weer aan Elzanne kan dink sonder om te onthou hoe sy met haar volgroeide borderkollie in haar arms na my toe aangestap kom nadat die hond ontsnap het nie. Dis hoe sy my groet toe ek by haar huis in Stellenbosch

Om voortdurend tussen sleg en slegter te moes kies Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Clifford James praat oor perspektief.

‘Cope julle?’

Marileen Steyn in gesprek met Clifford James.   Eers sien jy die windturbines. Dan word jy daarvan bewus dat die lang, reguit pad tussen die Weskus en Malmesbury geleidelik in ’n vallei afsak. Hier waar die mis in die winter dig toesak, lê die dorpie Hopefield. Van ver af sien jy die kerktoring. Dit lyk of

‘Cope julle?’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Simon Theron*  praat oof fokus. Foto ter illustrasie.

‘Ek weet nie meer wat om vir die Here te sê nie’

Marileen Steyn in gesprek met Simon Theron*.    Ek ry in die Groot-Karoo. Om my lê die landskap uitgestrek. En swart – die uitmergelende droogte se greep is alte sigbaar. Die pad voor my lei my wel reguit in ’n reënbui in. Die weerpatrone is wispelturig. In Juniemaand het dit plek-plek goed gereën. Maar van

‘Ek weet nie meer wat om vir die Here te sê nie’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
“Ons moet persepsies en vooroordele afbreek,” sê Andri Eloff. “Daar is veralgemenings en stereotipering wat verhoudings tussen mense en groepe beduiwel.” Foto: Verskaf

‘Ons almal is op die een of ander manier gestrem’

Marileen Steyn in gesprek met Andri Eloff.   Ek het Andri maar enkele weke voor ons gesprek ontmoet. Ons was saam by ’n kursus en hy het tydens die ysbreker homself as “kreatief” beskryf. Toe ek later in sy kantoor sit, het ek weer aan die kreatiwiteit gedink. Sy kantoor getuig hiervan: die blou en

‘Ons almal is op die een of ander manier gestrem’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Wynand Breytenbach praat oor samewerking. Foto: Verskaf

‘Daar is mense met wie ek nou nooit weer nié sal saamwerk nie’

Marileen Steyn in gesprek met Wynand Breytenbach.    Hy ontmoet my by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington waar hy besig is met sy boeke. Nog voordat ons behoorlik sit, vra Wynand om verskoning vir sy gebrek aan energie. Ek glimlag. Dis dan juis hoe ek Wynand ken: Hy is vol energie, vol

‘Daar is mense met wie ek nou nooit weer nié sal saamwerk nie’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Franco Joubert* praat oor verbintenis. Foto ter illustrasie

Om tussen twee wêrelde te beweeg

Marileen Steyn in gesprek met Franco Joubert*   Dis een van daardie dorpies waar almal behalwe die beeste jou groet. Die son sit net op die regte plek om aan elke stukkie groen gras, bos en boom reg te laat geskied terwyl jy die verte inkyk. Dis ’n byna-idilliese toneel. Byna, ja. Want aan die

Om tussen twee wêrelde te beweeg Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Bernard Nienaber het die stilte meer waardeer. Foto: Pexels
Bernard Nienaber het die stilte meer waardeer. Foto: Pexels

‘Om minder besig te wees, en net soveel of selfs meer te bereik’

Marileen Steyn in gesprek met Bernard Nienaber* Ek ry na die gemeente om met Bernard te gaan gesels, en dit voel asof ek op ’n soort naat beweeg: Links is die oop veld, en regs ’n inkopiesentrum. Die hele omgewing adem iets van tussen grense wees, maar ek kan nie my vinger daarop lê nie.

‘Om minder besig te wees, en net soveel of selfs meer te bereik’ Lees verder

Aktueel Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Janlu Kuyler praat oor die waarde van ons stemme. Foto: verskaf
Janlu Kuyler praat oor die waarde van ons stemme. Foto: verskaf

‘Die kerk moet haar stem terugkry’

Marileen Steyn in gesprek met Janlu Kuyler Robertson is bekend vir vrugte – en vir wyn. Hoe gepas is dit dan dat Janlu, die predikant by Robertson Moedergemeente, se huis in ’n wynplaasstyl gebou is! Dis ’n groot, wit huis met ’n prieel wat die paadjie na die voordeur omsoom. Die studeerkamer is die ene

‘Die kerk moet haar stem terugkry’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Andries Potgieter is saam met God op reis. Foto: Unsplash
Andries Potgieter is saam met God op reis. Foto: Unsplash

‘Ek weier eenvoudig om negatief te word’

Marileen Steyn in gesprek met Andries Potgieter Oudtshoorn-Welgeluk se pastorie is heerlik koel in die Klein-Karoo se hitte. Ek en Andries gesels oor die warboel emosies wat hy die afgelope jaar beleef het. “Ek is nou al twintig jaar in die bediening,” sê hy, “maar 2020 was lag-lag die moeilikste jaar nóg.” Die probleem was

‘Ek weier eenvoudig om negatief te word’ Lees verder

Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Scroll to Top