Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Aanlyn gebedsmuur herinner dat gebed mense saambind’

“Gebed bind mense nog altyd saam – oor grense, generasies en tye heen. Ons aanlyn gebedsmuur is ’n digitale herinnering hieraan,” sê dr Nico Simpson, hoof van die Christelike uitgewer, Bybel-Media (BM). 

Besoek ook: Gebedskers

Hy verwys na Gebedskerse, ’n virtuele gebedsmuur op BM se gewilde platform, Boodskap vir Vandag. Dit is ’n nuwe digitale funksie wat ’n digitale kapel wil bied waar mense ’n oomblik kan neem om stil te word, ’n gebed in hulle eie woorde te skep en, as hulle wil, ander te nooi om saam met hulle te bid. 

Vir elke gebed op die blad is daar ’n flikkerende kersie. 

So werk dit : Besoek Gebedskersblad

  1. Raak stil

 Raak vir ’n oomblik stil en dink rustig na waarvoor jy wil bid. Herinner jouself aan God se beloftes in die Woord.

  1. Steek ’n gebedskers aan

 Vul die aanlyn vorm in. Die idee is dat hierdie eenvoudige aksie ’n heilige ruimte in jou dag skep – ’n oomblik van stilword en gebed. Skryf dan ’n kort gebed vir jouself, vir iemand na aan jou of vir gebeure in die wêreld. Jou kers word ’n sigbare teken van jou gebed.

  1. Deel jou gebed (indien jy wil)

 As jy verkies, kan ander jou kers sien en saam met jou bid. Jy is nie alleen nie. Elke liggie verteenwoordig ’n hart wat na God uitreik. Jou kers sal vir ’n tyd op die muur bly brand en ’n flikkerende simbool van hoop en geloof wees.

“Elke kersie op ons aanlyn gebedsmuur is ’n getuienis van hoop—’n teken dat geloof leef, selfs in die donkerste oomblikke. Dis hoe ons mekaar ondersteun op die Jesus-weg,” voeg Simpson by.

  • Kerkbode is ’n publikasie van Bybel-Media.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top