In ons land stoei ons nie net met ongeletterdheid en die swak leesvermoë van kinders nie, maar ook met ’n gebrek aan geestelike blootstelling. Bybel-Media wil kinders deur hul Kinderkerskousprojek help om sowel hulle lees-met-begrip-vermoë te verbeter én hul geestelike ontwikkeling te ondersteun.
Bybel-Media ontwikkel al jare lank geestelike leesmateriaal om uit te deel aan kinders in gemeenskappe in nood. Só het ’n Bybel-Media-span onlangs geestelike leesboeke ook kon uitdeel by ’n klein Noord-Kaapse skool met net 111 leerders en sewe onderwysers, Kamieskroon Laerskool in Namakwaland. Die boeke is met groot blydskap ontvang en word nou in die skool se leesprogram gebruik om kinders wat met lees sukkel te help om hul leesbegrip te verbeter.
Help Bybel-Media om ’n boodskap van omgee en hoop in moeilike tye aan kinders en jongmense oor te dra sodat hulle hul geloof kan versterk deur HIERDIE skakel te volg.
LEES OOK: Kinderkerskous | Gee ’n geskenk van hoop aan kinders