Opleiding, opvoeding en opbou – dít is ons uitdagings in Suid-Afrika. Ons stoei nie net met ongeletterdheid en die swak leesvermoë van kinders nie, maar ook met ’n gebrek aan geestelike blootstelling. Bybel-Media wil by hierdie uitdagings betrokke raak deur die lees-met-begrip-vermoë van kinders te bevorder én hul geestelike ontwikkeling te ondersteun. Dit is hoekom ons al jare lank geestelike materiaal vir kinders en kursusse vir jeugleiers en fasiliteerders in gemeenskappe met geestelike nood ontwikkel.
Help Bybel-Media om ’n boodskap van omgee en hoop in moeilike tye aan kinders en jongmense oor te dra sodat hulle hul geloof kan versterk deur HIERDIE skakel te volg.
Lees ook | Kersfonds: Nuwe projek bring die Goeie Nuus aan kinders
Nog projekte: In hierdie tyd van ontwrigting wil Bybel-Media, met jou hulp, die goeie nuus van Jesus se verlossing deur nuwe projekte uitdra. Saam met opvoedkundiges het ons ’n bekostigbare reeks volkleur-vouboeke ontwikkel waarin ons Bybelstories met ’n wetenskaplike leesreeks kombineer. Vouboeke is ’n opwindende nuwe tegniek om goedkoper boekies beskikbaar te stel – dit beteken meer boekies vir meer kinders.
Deur ons nuwe vouboeke wil ons Bybelstories beskikbaar stel vir alle kinders in Suid-Afrika – kinders wat nog nooit van Jesus gehoor het nie, sowel as kinders wat in gelowige huise grootword.
Ons hoop om dit ook vir skole beskikbaar te stel. Die huidige reeks bestaan uit 12 stories oor Ou Testament-karakters. Jou bydrae kan ons help om ook ’n reeks oor Nuwe Testament-karakters te ontwikkel. – BM-Fondswerwing
- Kerkbode is ‘n publikasie van Bybel-Media.
