Hierdie Kersfees wil Kerkbode jou vra om ons te help om die boodskap van hoop uit te dra. Vanjaar se Kersfonds span weer kragte saam met Bybel-Media se fondsinsamelingsveldtog en die nuwe bankbesonderhede verskyn onderaan hierdie berig, asook ander maniere om betrokke te raak.
Hannelie Matthee, finansiële bestuurder en donateur-skakelpersoon by Bybel-Media op Wellington vertel meer: “Bybel-Media wil die goeie nuus van Jesus se verlossing deur nuwe projekte uitdra, veral aan ons kinders. Daarom het ons saam met opvoedkundiges ’n bekostigbare reeks volkleur-vouboeke ontwikkel waarin ons Bybelstories met ’n wetenskaplike leesreeks kombineer. Vouboeke is ’n opwindende nuwe tegniek om goedkoper boekies beskikbaar te stel – dit beteken meer boekies vir meer kinders. Deur ons nuwe vouboeke stel ons Bybelstories beskikbaar aan alle kinders in Suid-Afrika – kinders wat nog nooit van Jesus gehoor het nie, sowel as kinders wat in ’n gelowige huis grootword.”
LEES OOK: BM en Kerkbode fokus op leesgoed vir kinderhuise en skole
So, vanjaar is Kerkbode en Bybel-Media se pleidooi: Help ons om die boodskap van hoop aan ons kinders uit te dra. Maak ’n maandelikse donasie van R100 om ’n stel Bybelstorie-vouboeke vir een kind per maand te gee.
Hoe jy kan help
Besoek www.bybelmedia.co.za om jou bydrae te maak.
Of maak ’n donasie by
Bybel-Media
ABSA
Tjekrekeningnommer: 405 118 1699
Takkode: 632 005
Verwysing: U e-posadres