Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kersfonds: Nuwe projek bring die Goeie Nuus aan kinders

Hierdie Kersfees wil Kerkbode jou vra om ons te help om die boodskap van hoop uit te dra. Vanjaar se Kersfonds span weer kragte saam met Bybel-Media se fondsinsamelingsveldtog en die nuwe bankbesonderhede verskyn onderaan hierdie berig, asook ander maniere om betrokke te raak.

Hannelie Matthee, finansiële bestuurder en donateur-skakelpersoon by Bybel-Media op Wellington vertel meer: “Bybel-Media wil die goeie nuus van Jesus se verlossing deur nuwe projekte uitdra, veral aan ons kinders. Daarom het ons saam met opvoedkundiges ’n bekostigbare reeks volkleur-vouboeke ontwikkel waarin ons Bybelstories met ’n wetenskaplike leesreeks kombineer. Vouboeke is ’n opwindende nuwe tegniek om goedkoper boekies beskikbaar te stel – dit beteken meer boekies vir meer kinders. Deur ons nuwe vouboeke stel ons Bybelstories beskikbaar aan alle kinders in Suid-Afrika – kinders wat nog nooit van Jesus gehoor het nie, sowel as kinders wat in ’n gelowige huis grootword.”

LEES OOK: BM en Kerkbode fokus op leesgoed vir kinderhuise en skole

So, vanjaar is Kerkbode en Bybel-Media se pleidooi: Help ons om die boodskap van hoop aan ons kinders uit te dra. Maak ’n maandelikse donasie van R100 om ’n stel Bybelstorie-vouboeke vir een kind per maand te gee.

Hoe jy kan help

Besoek www.bybelmedia.co.za om jou bydrae te maak.

Of maak ’n donasie by

Bybel-Media

ABSA

Tjekrekeningnommer: 405 118 1699

Takkode: 632 005

Verwysing: U e-posadres

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top