“Ons sê dankie vir donateurs wat dit vir meer as 50 jaar vir Bybel-Media moontlik maak om ons werk te doen. Julle maak dit vir ons moontlik om die evangelie uit te dra.”
Dit is die boodskap wat dr Nico Simpson, hoof- uitvoerende beampte: Bybel-Media, graag vanjaar wou oordra tydens ’n onlangse “dankie-dag” waaraan die hele span deelgeneem het by hulle kantore in die Boekhuis op Wellington. (sien video onder).
LEES OOK: Bybel-Media se Kinderkerskous-projek
Kinderkerskous help met lees én versterk kinders se geloof
Die Kinderkerskous is een van die projekte wat op donateurs se welwillendheid steun. Met hierdie projek wil Bybel-Media “kinders en jongmense hierdie feestyd met geestelike boeke bederf om hulle geloof te versterk,” soos verwoord op hulle webblad.
Só kan jy die projek ondersteun:
- Betaal ’n donasie aan Bybel-Media (Kinderkerskous-projek), Absa bankrekeningnommer 4051181699 (takkode 632005) met as verwysing jou donateurnommer / selfoonnommer / e-posadres.
Lees ook meer hier: Só gee jy ’n geskenk van omgee en hoop aan kinders: Kerkbode vat weer hande met Kinderkerskous-projek
- Bron: Bybel-Media
- Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is. Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
- Kerkbode is een van die publikasies wat deur Bybel-Media uitgegee word.