Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Die inhoud van die sogenaamde Bybelboekebokse is blitsvinnig deur die inwoners van Serenitas Aftreeoord in die Strand opgeraap. Op die foto van links na regs is Delene en Chris Blignaut, Annemarie Skibbe, Kotie en Attie Louw besig om vir hul boeke uit te soek. Foto: Verskaf

Fokus op Bybel-Media: Geloofsboeke kry huis by aftreeoorde


“Die boeke is opgeraap!”

Só beskryf Marianna Simpson, inwoner by die Serenitas-Aftreeoord in die Strand in die Wes-Kaap, die reaksie van die inwoners toe Bybel-Media se Bybelboekeboks by Serenitas afgelewer is.

Bybel-Media het te midde van die koronaviruspandemie, wat ’n groot gevaar vir ouer mense inhou, die Bybelboekeboks-projek vroeg in Oktober bekendgestel. Die projek beoog om gratis geloofsboeke aan aftreeoorde, versorgingsoorde en tehuise vir bejaardes in Suid-Afrika te skenk en só bejaardes met geloofleesstof in die moeilike Covid-tyd te bedien.

Simpson vertel dat die inwoners vreeslik opgewonde oor die boeke is: “Die boeke het groot byval by die inwoners van Serenitas gevind en was sommer in ’n kits opgeraap. Annemarie Skibbe se Bybelstudiegroep het reeds besluit om Jaco Thom se boek, Kies kos iets, vir hulle Bybelstudie te gebruik. Nogmaals baie baie dankie vir die groot skenking, Bybel-Media,” het Simpson gesê.

Indien jy wil help om ’n Bybelboekeboks vol geloofsboeke aan aftreeoorde, versorgingsoorde en tehuise vir bejaardes in Suid-Afrika te skenk, stuur vandag nog jou inligting aan hannelie.matthee@bmedia.co.za en ons kontak jou. Of besoek die Bybelboekeboks-projek by dié skakel vir meer inligting.

  • Verklaring van belange: Simpson is ook die ma van dr Nico Simpson, hoof- uitvoerende beampte van Bybel-Media (BM). 
  • Kerkbode is ’n BM-publikasie. 

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.