Musiek is ’n wonderlike uitdrukking van geloof en ’n belangrike deel van jou gemeente se eredienste. Elke noot wat gespeel word en elke woord wat gesing word, help lidmate om hulle geloof te versterk en nader aan God te beweeg.
Dit is egter belangrik om te onthou dat hierdie musiek nie net geestelike waarde dra nie. Dit verteenwoordig ook die intellektuele eiendom van vele kunstenaars, wat deur kopiereg beskerm word. Om hierdie musiek in jou gemeente te gebruik vereis daarom ’n kerkmusieklisensie.
Waarom moet jou gemeente ’n kerkmusieklisensie betaal?
Jou gemeente gebruik musiek wat geskryf is deur komponiste en liedjie- en liriekskrywers. Hierdie kunstenaars het volgens wetgewing regte op hulle werk wat gerespekteer en onderhou moet word.
LEES OOK: Besoek gerus www.missio.org.za vir meer inligting of klik hier indien jy enige vrae oor jou gemeente se kerkmusieklisensie het.
As jou gemeente musiek gebruik wat aan kopiereg onderhewig is, is ’n kerkmusieklisensie noodsaaklik. Hierdie lisensie stel jou gemeente in staat om kerkmusiek op ’n regverdige en etiese manier in verskeie kontekste te gebruik. Dit sluit in om die liedere te sing, te projekteer, af te druk, te versprei en op verskeie platforms te stroom of uit te saai.
Wie bestuur die musiekregte?
Uitgewers soos Bybel-Media bestuur hierdie intellektuele eiendom, vorder gelde in van gebruikers (soos kerke en/of gemeentes) en betaal tantieme uit aan die kunstenaars. ’n Kerkmusieklisensie verseker dat jou gemeente voldoen aan die toepaslike wetgewing en dat kunstenaars regverdige vergoeding vir die gebruik van hulle werke ontvang.
Voorheen is alle lisensies deur CCLI bestuur. Sedert 2023 het Bybel-Media die bestuur van kerkmusieklisensies oorgeneem. Church Music Licensing (CML) hanteer die lisensies namens Bybel-Media. Die lisensie sluit in die regte tot die Liedboek van die kerk, Psalms en Gesange (ander Skrifberymings), Vonkk en liederebundels soos Die Halleluja, Sing onder mekaar en Jeugsangbundel 1 en 2.
Wat word alles by jou lisensie van Bybel-Media ingesluit?
Jou kerkmusieklisensie van Bybel-Media gee aan jou gemeente die reg tot:
- die gebruik van die musiek tydens eredienste
- die stroom of uitsaai van geleenthede waar die musiek gebruik word
- gratis toegang tot Bybel-Media se Kerkmusiek-afdeling op die digitale Missio-platform.
Jou gemeente sal ’n jaarlikse faktuur van Bybel-Media ontvang. Indien jou gemeente FLAM- of Engelse liedere gebruik, sal julle ’n aparte faktuur vanaf CCLI ontvang.
Waar kry jou gemeente toegang tot al die musiekhulpbronne?
Bybel-Media het ’n nuwe digitale platform ontwikkel waar gemeentes kerkmusiek, preekstof, kategesemateriaal, gemeentereekse en Bybelstudies op een plek kan vind. Wannneer jy jou musieklisensie uitneem, ontvang jy gratis toegang tot Kerkmusiek-afdeling op Missio.
LEES OOK: Besoek gerus www.missio.org.za vir meer inligting of klik hier indien jy enige vrae oor jou gemeente se kerkmusieklisensie het.
Op Missio kan jy maklik en vinnig navigeer deur ’n uitgebreide biblioteek van musiekstukke, insluitend gewilde bronne soos die Liedboek van die kerk, Vonkk, Psalms en Gesange en verskeie ander liederebundels wat deur die jare geliefd geraak het onder gemeentes oor die land heen. Missio bied ook die geleentheid om nuwe musiek te ontdek en rond te speel met verskeie style en tematiese aanbiedings wat aansluit by die unieke behoeftes van jou gemeente.
Hierdie is ’n geborgde artikel.