
1 TIMOTEUS/TIMOTHEUS (BYBELBOEK)
Skrywer: PGR de Villiers

1 TIMOTEUS/TIMOTHEUS (BYBELBOEK), een van Paulus* se Pastorale briewe*, is gerig aan Timoteus*, Paulus se “ware kind in die geloof” wat as gemeenteleier in Efese opgetree het toe die brief geskryf is. Die brief word omraam deur ’n inleiding (1:1-20) en ’n kort, tipiese briefslot (6:21b). In die middel is daar opdragte aan Timoteus oor: gebede*, veral vir die owerhede (2:1-7); mans en vroue in die erediens* (2:8-15); vereistes vir die ampte* (3:1-13); die kerk (3:14-16); die dwaalleraars (4:1–5:2); groepe in die gemeente* (5:3–6:2). ’n Belangrike tema is geld, want 1 Tim 6:3-19 word feitlik volledig daaraan gewy. Die dwaalleer in 1 Timoteus het te doen met die een of ander vorm van askese*: die dwaalleraars verbied mense om te trou en om sekere kosse te eet (1 Tim 4:3). Die skrywer worstel ook veral met die probleem van vroue se gedrag en hulle beïnvloeding deur die dwaalleraars.
Die morele verval wat ter sprake is, herinner aan soortgelyke kwessies waaroor veral die morele filosowe* in die Hellenistiese* tyd gepraat het. ’n Sober leefstyl wat nie die staat* of die familie bedreig nie, was ’n geliefde tema by hulle. Terwyl die skrywer van 1 Timoteus hierdie filosowe se etiek* oorneem, integreer hy dit nietemin in ’n Christelike konteks. Wie in Christus* is, leef sy of haar geloof* prakties in goeie werke uit. ’n Mens kan nie die een ding preek en die ander ding doen nie (1 Tim 1:3-11). In dié sin is die etiek* tog uniek, want dit word geïnspireer en bekragtig deur die lewe en voorbeeld van Christus (1:12-17; 6:3). Die twee aspekte van die dwaalleer en die morele verval kom bymekaar deurdat die dwaalleraars in hulle haarklowery oor hulle leer, die praktiese uitlewing van die evangelie* verwaarloos.
Indien aanvaar word dat Paulus die outeur van 1 Timoteus was, is dit na alle waarskynlikheid in 62-63 nC vanuit Masedonië geskryf ná Paulus se vrylating uit sy eerste gevangenskap in Rome (1:3).
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vakatures
Vakatures

FEBA Radio SA: Deeltydse verteenwoordigers
16 Julie 2026

NG Kerk Petrusburg (Vrystaat): Predikant
14 Julie 2026


NG Kerk Swakopmund: Jeugwerker
14 Julie 2026