
2 TIMOTEUS/TIMOTHEUS (BYBELBOEK)
Skrywer: PGR de Villiers

2 TIMOTEUS/TIMOTHEUS (BYBELBOEK), een van Paulus* se Pastorale briewe*, is heelwat korter as 1 Timoteus*, en adem ’n ander atmosfeer. Dit bespreek bv nie groepe (mans, vroue en slawe*) of die ampte* nie. Die dwaalleer van die opponente verwerp nie die huwelik* of die eet van kos nie, maar ontken die opstanding* (2 Tim 2:18). Dit lyk boonop asof ’n ouer persoon hier aan die skryf is: die skrywer praat oor verleidings van die jeug (2:22) en Paulus wag hier in die tronk op sy dood (4:6). Die inhoud lyk ook minder gestruktureerd. Ná die inleiding (1:1-2) volg ’n danksegging oor Timoteus* (1:3-6) en ’n uitgebreide aanmoediging vir Timoteus oor sake van die bediening (1:8–2:26). Na ’n kort uiteensetting oor die dwaalleraars (3:1-9), volg daar weer voorskrifte aan Timoteus, maar nou aangebied in teenstelling met die werk van die opponente in die gemeente (3:10–4:8). Die brief eindig met persoonlike opmerkings (4:6-21) en die tipiese briefslot (4:22).
Tradisioneel word aanvaar dat Paulus hierdie brief kort voor sy dood in ongeveer 64 nC geskryf het, hoewel heelwat geleerdes meen dat dit in ’n later stadium deur ’n toegewyde volgeling van Paulus in die naam van sy leermeester geskryf is. Nietemin is daar goeie oorwegings vir die aanvaarding van die tradisionele standpunt dat Paulus die outeur van hierdie brief is.
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
No data was found
Vakatures
Vakatures

NG Gemeente Kempton-Kruin (Kemptonpark, Gauteng): Voltydse predikant
10 September 2026



NG Gemeente Langenhovenpark: Voltydse medeleraarspos
9 September 2026