
AANKNOPINGSPUNT
Skrywer: AS van Niekerk

AANKNOPINGSPUNT. Die vraag is of daar buite die Christelike geloof*, byvoorbeeld in nie-Christelike religieë, iets is waarby die Christelike sending* kan aanknoop om van daar af by Christus* uit te kom. Is dit dalk die algemene openbaring*, of die besef dat daar ’n God is, of die verlange na verlossing, of ’n sekere waarheid, of die “saad van die godsdiens” wat ná die sondeval* as deel van die menslike natuur in die mens oorgebly het? Daar is verskillende antwoorde op hierdie vraag gegee. In 1934 het Karl Barth* kortweg Nee! geantwoord. Ander teoloë redeneer dat God tog met die nie-Christen besig is, en dat die geskiedenis wat God met die mens het, iets aan die mens doen, al is hy of sy hoe verdwaald. ’n Mens kan iets van God ook uit die skepping* leer ken, word gesê. Al verdraai mense hierdie kennis, is daar wel die besef dat God bestaan (Rom 1). In die jonger tyd word die “gemeenskaplikheid” tussen godsdienste egter soms só beklemtoon dat dit klink asof verlossing deur alle godsdienste verkry kan word en bekering* tot Christus nie regtig meer nodig is nie. Tog is dit waar dat vir effektiewe kommunikasie die een of ander aanknopingspunt belangrik is. Daar is geen gelyk pad na Christus toe nie: êrens is daar ’n krisis, ’n konfrontasie, ’n bekering en ’n wedergeboorte* nodig. (Kyk ook: Kommunikasie en sending*.)
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vakatures
Vakatures

FEBA Radio SA: Deeltydse verteenwoordigers
16 Julie 2026

NG Kerk Petrusburg (Vrystaat): Predikant
14 Julie 2026


NG Kerk Swakopmund: Jeugwerker
14 Julie 2026