Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

AANNEMING TOT KINDERS
Skrywer: DF Tolmie
Screenshot 2025-07-30 at 12.26.20
AANNEMING TOT KINDERS was ’n gebruik in die Grieks-Romeinse wêreld waardeur iemand wat nie biologies ’n mens se eie kind is nie, in terme van die heersende wette of gebruike van ’n land as ’n mens se eie kind beskou is. Dit was dus min of meer dieselfde as die gebruik wat ons tans “aanneming” noem. In die Bybel* word die verhouding tussen God en sy mense gereeld deur middel van die beeld van ’n vader en sy kinders beskryf, maar dit is veral Paulus* wat “aanneming tot kinders” as ’n beeld gebruik. Israel is deur God as sy kinders “aangeneem” (Rom 9:4). In ander gevalle (Rom 8:14-15, 23; Gal 4:5 en Ef 1:5) gebruik Paulus dit egter as ’n beeld om die verhouding tussen God en Christene te beskryf. Met hierdie beeld word veral drie gedagtes beklemtoon. 1. Dit verduidelik die verandering wat God in mense se geestelike status bring: hulle word sy kinders en Hy word hulle Vader*. 2. Om ’n kind van God te wees, is nie iets wat ’n mens op ’n natuurlike manier verkry of self verdien nie, maar dit is uitsluitlik die gevolg van God se genade*. Dit is Hy wat mense sy kinders maak sonder dat hulle dit verdien. Daarom is dit ook iets wat deur die geloof ervaar word. 3. Daar is ’n verskil tussen gelowiges se kindskap van God en Christus se Seunskap van God. Hy is die “Seun” van God, maar gelowiges is God se aangenome “seuns (= kinders)”.  

R250,00

Christelike Kernensiklopedie

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode
No data was found
No data was found
Scroll to Top