Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

AANSTOOT
Skrywer: J Punt
Screenshot 2025-07-30 at 12.26.20
AANSTOOT. In die Bybel* hou “aanstoot” verband met eer* en skande as sentrale waardes binne die destydse samelewing. Aanstoot vind plaas wanneer sosiale konvensies, waardes* en norme* soos gereguleer deur opvattings oor eer en skaamte, oortree word. Aangesien eer (en skaamte) primêr binne groepsverband bepaal word, berokken aanstoot beide die betrokke indiwidue en die groepe waaraan hulle behoort, skade (Rom 16:17; Fil 1:10). Aanstoot kan verwys na die gevolge van aksies wat lei tot benadeling van ander (Rom 14:20), of na die oorsaak van dit wat aanstoot gee (Rom 9:32). In die Evangelie-verhale word Jesus* en sy optrede dikwels met aanstoot in verband gebring (byvoorbeeld Matt 13:57; Mark 6:3; Luk 7:23; Joh 6:61). Christus* se kruis* was vir die Jode* ’n bron van aanstoot (Gal 5:11) omdat dit hulle nasionalistiese verstaan van God en die kultiese inkleding van hulle geloof* op losse skroewe gestel het.  

R250,00

Christelike Kernensiklopedie

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode
No data was found
No data was found
Scroll to Top