
AARDE
Skrywer: LC Jonker

AARDE. In Hebreeus is daar twee woorde wat as “aarde” vertaal kan word: 1. Eretz, wat ook vertaal kan word as land/landstreek, word byvoorbeeld in Gen 1 en ander skeppingstekste gebruik om te verwys na die aarde as God se skepping*. Die aarde word gesien as die bewoonbare skepping. 2. Adamah kan ook as “aarde” vertaal word, maar verwys primêr na (bewerkbare) grond. In die Nuwe Testament* word beide hierdie terme as gê vertaal, met soortgelyke betekenisskakerings.
Volgens die Israelitiese kosmologie* is die aarde daardie ruimte wat God tot stand gebring het. Die aarde verskaf daarom ook lewensmiddele aan die mens wat daarop leef. Die Ou-Testamentiese* mense het die skepping as ’n drieverdieping-werklikheid gesien, met die plat aardskyf as die belangrikste deel, maar verder ook met waters bokant en onderkant die aarde, en die verlate gebied van die doderyk onder die aarde.
Hoewel die hemele (meestal in meervoud) en aarde (meestal in enkelvoud) ook die kwalitatiewe onderskeid tussen God se domein en die mens se domein aandui, is dit veral in die Nuwe Testament* dat hierdie siening vollediger uitgewerk word. Daar word die aarde algaande geassosieer met die menslike en feilbare, terwyl die hemel verwys na die Goddelike en volmaakte. Uiteindelik is die hoop van Christen-gelowiges daarop gevestig dat die huidige hemel en aarde sal verdwyn (byvoorbeeld Op 20:11), en dat die nuwe hemel en aarde sal verskyn (Op 21:1). Dan sal die nuwe aarde ook volledig die gebied van God se teenwoordigheid wees.
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vakatures


Vakature (Diensleraar): NG Gemeente Wellington-Oos
16 Desember 2025


NG Gemeente Hennenman: Jeugwerker
3 Desember 2025
Vakatures

Vakature | Musiekleier: Voetspore Gemeenskapskerk (NG Lyttleton Oos)
18 Desember 2025

Vakature (Diensleraar): NG Gemeente Wellington-Oos
16 Desember 2025


NG Gemeente Hennenman: Jeugwerker
3 Desember 2025