
ABEL
Skrywer: A Daniels

ABEL is die tweede seun van Adam* en Eva1*. Abel was ’n skaapboer en het ’n meer aanvaarbare offer aan God* gebring as Kain*, wat ’n vrugteboer was. Hiervoor het Kain vir Abel doodgemaak. Heb 11:4 dui onvanpaste geestelike motivering aan as die rede waarom Kain se offer verwerp is. Abel beteken “asem” of “onbeduidend”. Sy naam word geassosieer met die kortheid/vlugtigheid van die lewe. Sy naam is verwant aan die woord wat in die boek Prediker* gebruik word en wat normaalweg met “tevergeefs” of “kom tot niks” vertaal word.
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
No data was found
Vakatures
Vakatures

NG Gemeente Kempton-Kruin (Kemptonpark, Gauteng): Voltydse predikant
10 September 2026



NG Gemeente Langenhovenpark: Voltydse medeleraarspos
9 September 2026