
ABELARDUS, PETRUS
Skrywer: JW Hofmeyr

ABELARDUS, PETRUS (1079–1142). Pierre Abélard kan tereg saam met enkele ander Middeleeuse teoloë beskou word as van die mees invloedryke figure in die Middeleeuse kerkgeskiedenis*. Hy was ’n Fransman en het deel uitgemaak van die vroeë Franse skolastici (Kyk by: Skolastiek). Ná ’n oorhaastige huwelik* met een van sy leerlinge, Heloise*, wat op baie probleme vir haar en vir hom uitgeloop het, stig hy die klooster* van Paracletum. Hy vind daar geen rus vir sy siel nie en wend hom na Petrus Venerabilis van die klooster van Cluny. Abélard was ’n knap teoloog maar selfs nog bekwamer as filosoof. Verder het hy as digter verskeie godsdienstige liedere geskryf.
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
No data was found
Vakatures
Vakatures

NG Gemeente Kempton-Kruin (Kemptonpark, Gauteng): Voltydse predikant
10 September 2026



NG Gemeente Langenhovenpark: Voltydse medeleraarspos
9 September 2026