Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

ABISAG
Skrywer: LJ Claassens
Screenshot 2025-07-30 at 12.26.20
ABISAG is ’n mooi Sunammitiese vrou wat volgens 1 Kon 1 gebring is om die bejaarde koning Dawid* geselskap te hou. Sy word die koning se persoonlike versorger, maar die teks maak dit duidelik dat hulle nie seksuele omgang gehad het nie. Abisag bevind haarself midde-in ’n stryd rondom die opvolger van koning Dawid. Adonia*1, Salomo* se teenstander om die koningskap, vra naamlik kort ná Salomo se troonbestyging of hy wat Adonia is met Abisag kan trou. Adonia rig sy versoek tot die koninginmoeder Batseba* wat spesiale toegang tot koning Salomo het. Salomo sien die versoek van sy broer om met die vrou van die vorige koning te trou as ’n aanslag op sy koningskap. Die gevolg van hierdie insident is dat Salomo opdrag gee dat Adonia vermoor word ten einde enige teenstanders uit die weg te ruim.  

R250,00

Christelike Kernensiklopedie

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Scroll to Top