
ABJATAR
Skrywer: EE Meyer

ABJATAR was die seun van Agimelek*1 en was saam met hom priester* in Nob. Hy was die enigste een wat die slagting in Nob oorleef het en het daarna by Dawid* aangesluit. Hy het die skouerkleed saamgeneem (1 Sam 22:19-23; 23:6-9). Later, wanneer Dawid aan die vlug is vir Absalom*, stuur hy vir Abjatar saam met sy seun Jonatan*, die ark*2 en Sadok* terug om sy sake te behartig (2 Sam 15:25-29).
Abjatar word uiteindelik vir hierdie lojaliteit beloon en as priester (saam met Sadok) aangestel (2 Sam 20:25). Wanneer Salomo* later aan bewind kom, verban hy vir Abjatar na sy grond by Anatot*, omdat hy eerder Adonia*1, Salomo se broer, ondersteun het (1 Kon 1–2). Daar word verkeerdelik na hom verwys as die hoëpriester* in Mark 2:26, terwyl dit eintlik gaan oor die insident met sy pa, Agimelek, in Nob (1 Sam 21:1-6).
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Vakatures


NG Gemeente Nuwerus: Voltydse vastetermyn leraarspos (drie jaar)
4 Augustus 2026


NG Gemeente Vosburg (Noord-Kaap): Leraar
22 Julie 2026
Vakatures

NG Kerk Lyttelton-Noord: Voltydse leraarspos
5 Augustus 2026

NG Gemeente Nuwerus: Voltydse vastetermyn leraarspos (drie jaar)
4 Augustus 2026


NG Gemeente Vosburg (Noord-Kaap): Leraar
22 Julie 2026