

BUTHELEZI, MANGOSUTHU (1928–2023) is ’n regstreekse afstammeling van die Zoeloe-koning Shaka*. Hy was voorheen as Gatsha bekend, maar moes in terme van Zoeloe-tradisie hierdie naam laat vaar ná die dood van sy ma wat dit vir hom gegee het. Hy het aan die Universiteit van Fort Hare gestudeer. Sy regsberoep is kortgeknip toe hy in 1953 die erflike hoofmanskap van die stam oorgeneem het. Buthelezi het in die staatkundige ontwikkeling van Suid-Afrika diep spore getrap: hy is stigter en president van die Inkatha-Vryheidsparty, was hoofminister van kwaZulu in die vorige staatkundige bedeling, en was minister van binnelandse sake in Mandela* en Mbeki* se kabinette. As aktiewe en meelewende lidmaat van die Anglikaanse Kerk* en as spreker by talle plaaslike en internasionale kerkvergaderings, het Buthelezi met vrymoedigheid van sy geloof in Christus* getuig, al het hy ook soms hewig van mede-Christenleiers oor praktiese politieke kwessies verskil. By die opening van die veelbesproke, en destyds omstrede, SACLA*-kongres in 1979, was sy bydrae besonder betekenisvol. Buthelezi het dit tydens ’n openbare lesing in 1980 in Berlyn onomwonde gestel: “Dwarsdeur my lewe … het ek op die inspirasie van my geloof en die leiding van my Christelike beginsels staatgemaak. Elke keer as ek ’n belangrike besluit moes neem, het ek op my geloof gesteun.”
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
Vriende van Kerkbode
Vriende van Kerkbode
Vakatures


NG Gemeente Hennenman: Jeugwerker

NG Gemeente Koës, Namibië: Vastetermyn kontrakpos vir twee jaar

NG Kerk Daniëlskuil: Voltydse leraar
Vakatures


NG Gemeente Hennenman: Jeugwerker

NG Gemeente Koës, Namibië: Vastetermyn kontrakpos vir twee jaar
