Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

EPIFANIE
Skrywer: M van Heerden
Screenshot 2025-07-30 at 12.26.20
EPIFANIE. Die woord epifanie kom van ’n Griekse* woord wat “verskyning” beteken. Alhoewel Jesus Christus* se heerlikheid in al sy woorde en werke geopenbaar is, word die woord epifanie gebruik om die ge­beurtenisse in sy lewe toe sy heerlikheid in die besonder sigbaar was, te beskryf. In beide die Katolieke* en Grieks-Ortodokse* kerke word die Fees van die Epifanie elke jaar op 6 Januarie gevier, en dan word die volgende herdenk: die sterrekykers* se hulde­bewyse aan die baba Jesus (Matt 2:11); die doop* van Jesus in die Jordaan* toe die stem van die Vader Hom sy geliefde Seun genoem het (Matt 3:17; Mark 1:11), en die wonderwerk* te Kana in Galilea toe Jesus water in wyn laat verander het en daardeur “sy heerlikheid laat blyk” het (Joh 2:11). Om die gebruik en verstaan van epifanie uit te brei, het pous Johannes Paulus II* die “Liggewende Geheime van die Rosekrans” ook hierby betrek. Hierdie vyf geheime is: die doop van Jesus; die wonderwerk by Kana; die verkondiging van Jesus van die koninkryk van God; die gedaanteverande­ring van Jesus op die berg (Matt 17:2; Mark 9:2; Luk 9:29; 2 Pet 1:16-18), en die instelling van die nagmaal (Matt 26:26-29; 1Kor 11:23-25).

R250,00

Christelike Kernensiklopedie

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode
No data was found
No data was found
Scroll to Top