Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

VAN DER LINGEN, GOTTLIEB WILHELM ANTONY
Skrywer: AR Olivier
VAN-DER-LINGEN-GOTTLIEB-WILHELM-ANTONY.jpg
VAN DER LINGEN, GOTTLIEB WILHELM ANTONY (1804–1869) is gebore as seun van sendeling*-ouers en bekwaam hom vir die bediening in Utrecht, Nederland. Hy word in 1831 predikant van die Paarl-gemeente. Van der Lingen was besonder toegewyd en geliefd in sy gemeente, maar het ook teenstand gekry vanweë sy erns­tige prediking teen sonde*. Hy was ’n kamp­vegter vir die Kweekskool*, maar bedank die professoraatskap wat hom aangebied is. Hy het sterk standpunt ingeneem teen teologiese modernisme*. Van der Lingen was geen voorstan­der van staatskole nie, want volgens hom was opvoe­ding en onderwys die taak van die kerk*. Hy stig die Paarl-Gimnasium groot­liks uit eie fondse. Hy het ’n simpa­tie­ke houding teenoor die Voortrekkers* gehad en die Hollandse taal en kultuur was na aan sy hart. Van der Lingen het tydens ’n gebeds­week tussen Hemelvaart*dag en Pinkster*­sondag 1861’n besondere geestelike erva­ring gehad wat aanleiding gegee het tot die NG Kerkfamilie* se jaarlikse Pinksterbidure*. Hy was in baie opsigte eksen­triek en onprakties. Hieronder tel sy aandeel in die mislukte ontginning van ’n kopermyn in Namakwaland en die bus­diens wat hy tussen Wellington en Kaap­stad probeer instel het om treine te boikot wat ook op Sondae geloop het. Vir verdere lees: MCS Kitshoff 1972. Gottlied Wilhelm Antony van der Lingen. Kaapse predikant uit die negentiende eeu. Groningen: DTh-proefskrif.  

R250,00

Christelike Kernensiklopedie

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode
No data was found
No data was found
Scroll to Top