Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

EUCHARISTIE
Skrywer: B Hinwood
Screenshot 2025-07-30 at 12.26.20
EUCHARISTIE. Dié woord is ontleen aan die Griekse* woord vir dankbetuiging of danksegging, en verwys na Jesus* se handeling by die laaste aandete* (1 Kor 11:24; Luk 22:19). Van die eerste eeu af het Christene eucharistie gebruik om te verwys na die erediens waarin hulle herhaal wat Jesus by daardie geleentheid gedoen het. Onder Katolieke*, byvoorbeeld, word “eucharistie” en “mis”* wisselterme daarvoor. Met verloop van tyd is die woord ook gebruik om na twee onderdele van die geheel te verwys. Die lang gebed by die Katolieke en Ortodokse* eredienste waarin herhaal word wat Jesus by die laaste avondmaal gedoen het, heet die “eucharistiese gebed”. Verder noem hulle ook die brood en wyn wat, soos hulle dit sien, blywend Christus* se liggaam en bloed geword het, selfs waar dit ná die diens bewaar word, die eucharistie. Vir Katolieke en Ortodokse is die eucharistie die middelpunt van hulle Christelike geloofsbelewenis. Vir verdere lees: K Rahner 1975. “Eucha­rist” in: Encyclopedia of Theology. Londen: Burns and Oates.

R250,00

Christelike Kernensiklopedie

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Scroll to Top