13 Julie | Ds Alex Clark skryf oor die roete (175 km): Vêr, stadig ...en wonderlik!
As jy vêr wil gaan, moet jy saam met nog BAIE mense gaan...
Ek het die voorreg gehad om aan die begin van die skoolvakansie vir vier dae saam met een van my beste vriende, en my familie, van Op-die-Berg na Sutherland toe te hardloop. Die hoekom van hierdie reis is nie nou belangrik nie. Dit is wel redelik vêr. Dit was baie stadig. Maar dit was 'n wonderlike ervaring, omdat ons nie alleen was nie. Wanneer ek hierdie opmerking maak, gaan dit nie net oor my reisgenoot of die ondersteuning van Jeanette en ons kinders nie, maar die mense wat ons op die pad gekry het en die reis vir 'n rukkie saam met ons meegemaak het.
Vriendelike verrassings
Een van ons vriende het op die stuk pad tussen die Tankwa-padstal en Bizansgat letterlik net verskyn. Hy het die vorige aand by een van die oornagplekke gebly om so 12 km saam met ons te hardloop. Mense het ons by ons gestop om vir ons te ondersteun met hardloop-kos, 'n Coke en selfs om saam met ons by ‘n oornagplek ‘n worsie te braai. Mense het ons in hulle huise ingenooi, sodat ons veilig kon oornag.
As jy vir my vra wat ek sal onthou van hierdie reis is dit nie die moeg wees of nie lyfseer nie, maar elke persoon wat ons langs die pad gekry het.

Ds Alex en sy vrou Jeanette, wat die bystandvoertuig bestuur het. Foto's: Robert Cable

As ons verder in die reis van die lewe wil gaan, moet ons saam met ander mense gaan. Dit beteken ons moet die verhoudings waarin ons lewe beskerm en versorg. Dit geld natuurlik vir ons verhouding met God en ons verhouding met die mense rondom ons.
Krag van verhoudings 
Ons oorhoofse tema vir die jaar is VERHOUDING. Die groei, versorging en opbou van ons verhoudings is iets wat ‘n leeftyd neem. Ons verhoudings is heeltyd besig om te beweeg, te verander en te groei.
Dankie dat ek 'n stukkie van my lewensreis met elkeen van julle kan deel. En dankie vir elkeen wat hierdie Karoo-pad op ‘n manier met ons gedeel het. Elke interaksie en stukkie ondersteuning sal ek vir altyd onthou, want dit het die reis groter waarde gegee. - AlexC
DJI_0070
Donasieveldtog: Groot dank aan ons ondersteuners
podcast-kerkbode
PODSENDING | Kerkbode op 175: ’n Unieke blik op als van Runderpes, maanlanding, eerste demokratiese verkiesing en teologiese meningsvorming
DSC09964
Wat ons met dié dokumentêre video beoog
DSC09956
7 Junie | Ds Alex skryf oor die hoekom van die plan om 175 km te hardloop
Scroll to Top