
À BRAKEL, WILHELMUS
Skrywer: GA van der Merwe

À BRAKEL, WILHELMUS (1635–1711) is die seun van ds Theodorus à Brakel, ’n 17de-eeuse leraar wat besonder klem lê op piëtisme* en godsvrug. Nadat À Brakel aan die universiteite van Franeker en Utrecht studeer het, word hy tot die amp van predikant* toegelaat en bedien Exmorra (1662), Stavoren (1665), Harlingen (1670), Leeuwarden (1673) en Rotterdam (1683). In al dié gemeentes* staan hy bekend as ’n stryder vir die saak van die kerk*, selfs teen die stadsregering van Rotterdam. Hy was ’n leerling van en is sterk beïnvloed deur Gisbertus Voetius*, ’n Nederlandse en Calvinistiese* teoloog en voorstander van ’n ortodokse (Kyk by: Ortodoksie) en Calvinistiese teologie*. Hy skryf verskeie boeke, waarvan sy belangrikste werk De Redelijke Godsdienst is. Dit verskyn in 1700 en beleef in die 18de eeu twintig herdrukke. Dit is in 2003 opnuut in Nederland uitgegee en beleef drie herdrukke in twee jaar. Dit is nie ’n akademiese/teologiese boek nie, maar ’n eenvoudige handboek oor die Christelike lewe vir die gewone gelowige. Dit was gewild in Suid-Afrika en naas die Statebybel* ’n belangrike leerboek in die wakis van elke Voortrekker*.
Vir verdere lees: FJ Los 1892. Wilhelmus à Brakel. Proefskrif. J Overduin 1959. “À Brakel, W” in: FW Grosheide en GP Itterzon, Christelijke Encyclopedie, deel 2. Kampen: Kok.
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
No data was found
Vakatures


FEBA Radio SA: Deeltydse verteenwoordigers
16 Julie 2026

NG Kerk Petrusburg (Vrystaat): Predikant
14 Julie 2026

Vakatures

NG Gemeente Upington-Noord: Leraar (Voltydse pos)
17 Julie 2026

FEBA Radio SA: Deeltydse verteenwoordigers
16 Julie 2026

NG Kerk Petrusburg (Vrystaat): Predikant
14 Julie 2026
