Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

SYMINGTON, JOHANNES CORNELIUS (JOHANN)
Skrywer: CJ Jackson
Screenshot 2025-07-30 at 12.26.20
SYMINGTON, JOHANNES CORNELIUS (JOHANN) (1948–) is in 1973 in die NG Kerk* gelegitimeer en bedien tussen 1974 en 2004 die gemeentes* Colesberg, Parksig, Lynnwood en Andrew Murray (Johannesburg). Hy was ’n paar jaar lank dosent in praktiese teologie aan Unisa. Symington se kommunikatiewe vaardighede blyk vroeg reeds toe hy as aanbieder van die TV-reekse Die huwelik is ’n vervelige gewoonte en Bybel-bloktyd optree, en later van drie Ja-nee-reekse oor kykNet. Daarby was hy langer as ’n dekade rubriekskrywer vir die tydskrif Rooi Rose en het verskeie boeke, onder meer Man uit een stuk, uit sy pen verskyn. Rondom die millenniumoorgang het hy as moderator* ’n sleutelrol gespeel om vernuwing in die Sinode* van Suid-Tranvaal (later Sinode Hoëveld genoem) in te voer. In 2004 word Symington, nadat misverstand uit die weg geruim is oor die omvang van sy taak, direkteur van kommunikasie van die NG Kerk*, wat onder meer die redakteurskap van die Kerkbode* en LIG* behels het. Hy het in dié hoedanigheid gehelp met die vestiging van ’n webwerf en ingestem tot ’n internet-kletskerk, wat gou omstrede geraak het vanweë niegelowiges se deelname daaraan. In 2008 verlaat hy die kerklike media en aanvaar ’n beroep na die NG gemeente Welgemoed. Hy tree  in dié tyd ook op as programleier van ’n Sondagaandse RSG-program, Kruis en dwars. Hy het in 2013 as NG predikant afgetree en sy bediening daarna in Japan voortgesit.  

R250,00

Christelike Kernensiklopedie

Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Scroll to Top