
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN AFRIKA (NGKA)
Skrywer: CM Pauw

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN AFRIKA (NGKA) konstitueer in 1963 as Algemene Sinode deur die saambring van vier kerke (Vrystaat, sinodale verband in 1910 gevorm, Transvaal 1932, Kaapland 1951, Natal 1952). Hierdie kerke het uit werk van die NG Kerk* onder swartmense in Suid-Afrika ontstaan. Mettertyd verdeel Kaapland in drie en Transvaal in twee streeksinodes.
Toe die NGKA in 1994 met die NG Sendingkerk* die Verenigende Gereformeerde Kerk* in Suider Afrika (VGKSA) vorm, sluit die oorgrote meerderheid van die NGKA daarby aan, maar ’n minderheid (hoofsaaklik gemeentes uit die voormalige Vrystaat- en Phororo- streeksinodes) besluit daarna teen hereniging, hoofsaaklik vanweë besware oor die Belydenis van Belhar*. Hulle herkonstitueer as NGKA met twee streeksinodes en verkry deur middel van ’n hofuitspraak die reg om as die ou NGKA te kontinueer. ’n Onverkwiklike stryd volg op sinodale en veral gemeentelike vlak tussen die VGKSA en die nuut gestigte NGKA en dit belemmer ook die groter proses tot kerkhereniging binne die NG Kerkfamilie*. ’n Ligpunt was toe die aansoek in 2004 van die NGKA om deel te word van die verenigde Algemene Kommissie vir Getuienisaksie van die NG Kerkfamilie, eenparig goedgekeur is. In 2006 word die NGKA ook deel van die verenigings-/herenigingsprosess van die NG Kerkfamilie. Die huidige NGKA bestaan uit sowat 166 gemeentes en 100 000 belydende lidmate.
R250,00
Christelike Kernensiklopedie
Wenner van die Ds Pieter van Drimmelen-medalje! Hierdie unieke ensiklopedie spog met grootse statistieke. Dit het 3250 inskrywings, 1248 volkleur bladsye en 163 medewerkers (waaronder teoloë, historici, literatore en joernaliste). Die medalje is toegeken aan die hoofredakteur, dr. F.M. Gaum
No data was found
Vakatures


NG Gemeente Lorraine: Permanente voltydse predikant
18 November 2026

NG Gemeente Lyttelton: Fasiliteitsbestuurder
16 November 2026

NG Gemeente Cornelia: Leraarspos
16 November 2026
Vakatures

NG Kerk Plettenbergbaai: Medeleraar
19 November 2026

NG Gemeente Lorraine: Permanente voltydse predikant
18 November 2026

NG Gemeente Lyttelton: Fasiliteitsbestuurder
16 November 2026

NG Gemeente Cornelia: Leraarspos
16 November 2026